Dag 37: Deernis met weerlose mense (50 Dae Gebedsreis)

Skriflesing: Matteus 9:36 – “Toe Hy die skare sien, het Hy hulle innig jammer gekry, omdat hulle verward en verstrooi was, soos skape sonder ’n herder.”

Skriflesing: Johannes 11:35 -“Jesus het begin huil.”

Gebed: Jesus, U was vertroud met lyding en het U kroon, heerlikheid en posisie van aansien prysgegeeom die gestalte van ’n dienskneg aan te neem. Here, vul kandidate en gemeenskappe met deernis vir arm mense, werklose mense, bejaardes, kinders, mense met gestremdhede en almal wat sonder basiese dienste leef. Laat leiers na vore kom wat bereid is om te dien eerder as om gedien te word en wat aan U al die eer gee.

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat deernis plaaslike regering se prioriteite sal vorm. Die Here plaas leiers met die harte van diensknegte in
verantwoordelike posisies.

SHARE THIS EVENT

Event Details

Start Date
October 20, 2026 12:00am
End Date
October 20, 2026 12:00am
Location
Gauteng
Category
Munisipaliteite, wyke en gemeenskappe

Organizer