Dag 39: Vernuwing van gemeenskappe (50 Dae Gebedsreis)
Skriflesing: Jeremia 29:7 – “Bevorder die voorspoed van die stad waarheen Ek julle in ballingskap laat gaan het, en bid tot die HERE vir die stad, want in sy voorspoed is daar ook voorspoed vir julle.”
Gebed: Here, seën ons munisipaliteite met veiliger strate, skoon water, eerlike dienslewering, infrastruktuur wat werk en goeie samewerking tussen bure. Mag ons verander word deur die vernuwing van ons denke, sodat ons goeie regering, gesonde leierskap, verantwoordbare praktyke en die regstelling van historiese onreg bevorder. Mag ons optrede ons liefde vir Christus en die vernuwende teenwoordigheid en doel van sy koninkryk weerspieël.
Geloofsverklaring: Laat u koninkryk kom en u wil geskied in al ons gemeenskappe, metro’s en munisipaliteite. Ons verklaar in geloof dat die Here waak oor die belange van ons stede en gemeenskappe. Vrede, geregtigheid en reg sal seëvier, en ons stede en dorpe sal plekke van veiligheid, hoop en die teenwoordigheid van die Here wees.