Dag 44: Integriteit van leiers en koalisies (50 Dae Gebedsreis)

Skriflesing: Deuteronomium 8:18 — “…dan moet jy die Here jou God onthou, want dit is Hy wat jou die krag gee om rykdom te verkry, sodat Hy sy verbond wat Hy aan jou voorvaders met ‘n eed bevestig het, gestand kan doen soos dit vandag is.”

Gebed: Vader, ontbloot die misbruik van fondse, afpersing en die manipulasie van stemme. Mag die gees van selfverryking en hebsug gebreek word in ons gemeenskappe, munisipaliteite, dorpe en stede. Keer die bose se planne en verhinder magsug. Rig leiers op wat openbare hulpbronne sal gebruik vir die belang van gemeenskappe. Mag ontsag vir U, heilige God, dié wat openbare ampte beklee, lei en rig, en mag  gierigheid en korrupsie in die Naam van Jesus vernietig word. Ons bid vir die voorspoed van regverdige vennootskappe en samewerking. Sal U asseblief self skadelike en bedrieglike alliansies keer?

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof finansiële integriteit en wyse rentmeesterskap in ons munisipaliteite en dat gesonde ouditsisteme
enige valsheid sal kniehalter. Mag ‘n nuwe gees van verantwoordbaarheid, nederigheid en uitnemendheid posvat en uiteindelik die norm word.

SHARE THIS EVENT

Event Details

Start Date
October 27, 2026 12:00am
End Date
October 27, 2026 12:00am
Location
Gauteng
Category
Verkiesingsdag, Uitslae en Inwyding

Organizer