Skriflesing: Nehemia 8:11 “… want die vreugde van die Here, dit is julle toevlug.”
Gebed: Here, bewaar gemeenskappe van woede, vergelding, onrus en moedeloosheid wanneer die uitslae bekend gemaak word. Ontmasker en stuit elke oproep tot geweld en die vernietiging van eiendom. Laat U bonatuurlike shalom-vrede heers. Gebruik Suid-Afrika en Afrika na U wil en tot eer van U Naam. Ons bid dat mense in Suid-Afrika en regoor Afrika deur die evangelie tot geloof in Jesus Christus sal kom, sodat elke knie sal buig en elke mens sal bely dat Jesus hul Koning is.
Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat die vreugde van die Here ons toevlug is. Ons bely dat Jesus Christus die Here is en dat alle eer en
heerlikheid aan Hom behoort. Ons verklaar in geloof met hoop dat die aarde gevul sal word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos
water die see oordek. Ons vertrou ons land en kontinent aan die Here toe en bid dat die evangelie sal voortgaan om mense tot geloof, bekering en nuwe lewe in Christus te bring. Ons sal met blydskap en dankbaarheid getuig van alles wat die Here gedoen het – veral ook in hierdie verkiesingstyd.