Dag 50: Uitgestuur om te Dien (50 Dae Gebedsreis)

Skriflesing: Matteus 28:19–20 “Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van
die Heilige Gees, en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle bevel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”

Gebed: Vader, stuur ons ook ná die verkiesing uit om met ywer te bid, getrou te dien, met vrymoedigheid leiers aanspreeklik te hou, ons gemeenskappe met wysheid te bou en die Koninkryk van die hemel met vrymoedigheid te verklaar. Ons bid dat U dapper Koninkryksbouers in elke gemeenskap sal oprig. Gee ons die moed om onreg, korrupsie, swak regering en leierskap wat mense benadeel, nie stilweg te aanvaar nie, maar dit op ’n verantwoordelike en liefdevolle wyse aan te spreek. Mag liefde en trou ons nooit verlaat nie; laat ons dit om ons nek bind en op die tafel van ons harte skryf. Troue liefde en waarheid moet jou nooit verlaat nie. Bind dit om jou nek, skryf dit op die tafel van jou hart (Spreuke 3:3).

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat God ons in Christus roep om sout van die aarde en lig vir die wêreld te wees. Ons bely dat Jesus Christus
die Here van sy kerk en Koning oor alles is. Ons verbind onsself daartoe om as Sy getuies getrou te leef, die waarheid te verklaar, vredemakers te wees
en ons gemeenskappe met liefde en geregtigheid te dien. Ons vertrou die Here om deur sy Woord en Gees Sy kerk te vernuwe en geestelike herlewing in Suid-Afrika en regoor Afrika te bewerk, tot eer van Sy Naam. Aan God alleen behoort al die eer.

SHARE THIS EVENT

Event Details

Start Date
November 2, 2026 12:00am
End Date
November 2, 2026 12:00am
Location
Gauteng
Category
Verkiesingsdag, Uitslae en Inwyding

Organizer