Dag 26: Integriteit in Leierskap (50 Dae Gebedsreis)

Skriflesing: Spreuke 11:3 — “Die onkreukbaarheid van opregtes lei hulle, maar die verdorwenheid van verraderlikes vernietig hulle.”

Skriflesing: Spreuke 11:11 — “Deur die seën van opregtes bereik ‘n dorp hoogtes, maar deur die mond van goddeloses word dit afgebreek.”

Gebed: Vader, lei die opregtes, gee U guns aan die wat getrou is: mans en vroue wat deur U gekies is om in die munisipale poorte te werk en die planne van die goddeloses te verydel wat verdere toegang tot staatsfondse wil verkry! Ontbloot korrupsie, omkopery, manipulasie en magsmisbruik. Verydel elke plan vir manipulasie en sameswering om mag te verkry; en soos U woord sê: “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” Plaas ’n wag voor ons monde en ’n wag voor die deur van ons lippe, sodat seën, lof en eer uit ons monde sal kom.

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat leiers en instellings met integriteit gelei sal word, en dat die nederiges die poorte van ons stede sal besit! Ons lippe sal seën en nie vervloeking bring nie.

SHARE THIS EVENT

Event Details

Start Date
October 9, 2026 12:00am
End Date
October 9, 2026 12:00am
Location
Gauteng
Category
Independent Electoral Commission (IEC), Verkiesingswerkers, Kiesers en Politieke Leiers

Organizer