Dag 32: Eensgesinde visie en doel (50 Dae Gebedsreis)

Skriflesing: Psalm 133:1-2 – 1’n Pelgrimslied. Van Dawid. Kyk hoe goed, hoe mooi is dit as broers ook saam woon. 2Dit is soos kosbare olie op die kop
wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop oor die kraag van sy klere.

Gebed: Vader, ons bid dat U in elke gemeenskap ʼn eenvormige visie en doel sal oprig. Ons bid dat U elke muur of grens wat mense verdeel, sal afbreek sodat ons liefde teenoor mekaar kan uitleef. Ons bid verder dat U elke stem wat verdeeldheid wil saai en onmin bring sal stilmaak, en in hulle plek stemme sal aat opklink wat U boodskap van eenheid, vrede en ʼn
eenvormige visie sal verkondig. Mag elke stam, nasie, volk en taal die taal van U liefde aanleer om saam te werk vir ’n beter toekoms – ’n toekoms saam met U!

Geloofsverklaring: Ons spreek in geloof lewe in elke gemeenskap waar gretigheid, gierigheid, swak leierskap, hopeloosheid en ’n tekort aan
samehorigheid mense se lewens vernietig. Mag elke gemeenskap ervaar hoe hulle in U Naam weer opstaan! Ons verklaar in geloof dat die rivier van
Lewende Water deur elke munisipaliteit en metro sal vloei en dat daar oorvloedige vrugte sal wees wat mense laat juig in die stofstrate én teerstrate, tot U eer alleen!

SHARE THIS EVENT

Event Details

Start Date
October 15, 2026 12:00am
End Date
October 15, 2026 12:00am
Location
Gauteng
Category
Munisipaliteite, wyke en gemeenskappe

Organizer