Dag 33: Die Woord van God oor elke aspek van gemeenskappe (50 Dae Gebedsreis)
Skriflesing: Psalm 40:4 Hy het ‘n nuwe lied in my mond gelê, ‘n lofsang vir ons God. Baie sal dit sien, en ontsag hê, ja, hulle sal op die Here vertrou.
Gebed: Ons besing en verheug ons daarin dat U Koninkryk nimmer sal eindig, en dat daar ook geen einde sal wees aan die toename van U heerskappy en vrede in ons land, Suid-Afrika, nie. Laat die krag van U Woord harte en denke verander en dit in pas bring met U Koninkryksdoel! Open oë om te sien, ore om te hoor en na U stem te luister. Mag ons leef met die lof van God op ons lippe en ’n tweesnydende swaard in ons hande – U Woord is ‘n tweesnydende swaard!
Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat ons land en haar mense gevul sal word met U Gees en gedryf sal word om ons naaste lief te hê soos onsself,
en om die waarheid van Christus sonder vrees of terughouding met woord en daad te verkondig!