Dag 34: Hoe om ons besoedelde land te benader (50 Dae Gebedsreis)
Skriflesing: Numeri 35:33 – ‘Julle mag nie die land waarin julle is, besoedel nie. Ja, bloed, dit is wat die land besoedel. Vir die land word nie versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, behalwe deur die bloed van hom wat dit vergiet.
Skriflesing: Esegiël 36:17 – ‘Mensekind, terwyl die huis van Israel op hulle grond gewoon het, het hulle dit verontreinig met hulle optrede en hulle dade. Soos onreinheid tydens menstruasie, was hulle optrede voor My.’
Gebed: Here, ons bely voor U dat daar onnodig bloed vloei in ons land. Ons het die land verontreinig en die bloed roep na U. Vandag bid ons die bloed van Jesus oor ons pragtige land en haar mense: U bloed wat skoon was, herstel, vernuwe en lewe gee en wat ons nooi om sélf ook beter te wees, méér soos Jesus te wees. Ons loof U, Lam van God, wat al ons ongeregtighede en sonde skoonwas.
Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat die bloed van Jesus verlossing en genesing bring en ons terugdraai na God se waardes en die voorbeeld van Jesus. Ons verklaar in geloof ʼn nuwe era van regverdige leiding en regering oor ons land en haar mense, en ons bid dat ons wette en morele kompas eer aan Hom sal bring, Wie alle lof waardig is!