Skriflesing: 2 Korinthiërs 5:18 – “En dit alles kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen het, en aan ons die bediening van die versoening gegee het.”
Gebed: Vader, genees die verdeeldheid tussen politieke partye, rasse, gemeenskappe, kerke, families en bure. Liefde bedek ’n menigte sondes;
skenk aan ons buitengewone genade om ons naaste soos onsself lief te hê. Laat u liefde ons harte vul vir al die mense en leiers van hierdie land. As ons nie liefde het nie, is ons maar net klinkende simbale. Liefde is geduldig; liefde is vriendelik en hou nie boek van die kwaad nie. Here, maak ons mense van liefde wat die liefde van God in Christus Jesus oorvloedig uitleef.
Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof versoening tussen alle groepe mense deur Christus. Sy liefde word in ons harte sigbaar en oorskry al die verdeeldheid in ons land . Ons verklaar dat Jesus se liefde nie boek hou van die kwaad nie. Here, help ons om sinvol om te gaan met ons moeilike verlede en geskiedenis sodat ons ’n nuwe toekoms kan beleef. So kan ’n nuwe begin vir Suid-Afrika ʼn moontlikheid word!