Skriflesing: Jesaja 54:13 β βAl jou kinders sal leerlinge van die Here wees, en groot sal die voorspoed van jou kinders wees.β
Gebed: Here, beskerm ons land se kinders en jongmense teen vrees, geweld, manipulasie en moedeloosheid gedurende die verkiesingstydperk. U, Here, het gekom om vir ons hoop en ‘n mooi toekoms te gee (Psalm 27).
Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof vrede, doelgerigtheid en beskerming oor Suid-Afrika se kinders en jeug. In die Here en deur sy regverdige hand sal ons ‘n voorspoedige hoop en toekoms vir die jeug van ons land sien.