Dag 42: Gesinne en Huishoudings (50 Dae Gebedsreis)
Skriflesing: Josua 24:15 — “Maar as dit verkeerd is in julle oë om die Here te dien, kies julle dan vandag wie julle wil dien, òf die gode anderkant die Rivier wat julle voorouers gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Maar ek en my huis, ons sal die Here dien.”
Gebed: Vader, laat huishoudings terugkeer na eerbied en ontsag vir die Here. Laat U Woord weer ’n sentrale plek inneem aan etenstafels en tydens
gesinsbyeenkomste. Here, verbreek die houvas van vaderloosheid wat hierdie nasie teister. Laat vaders opstaan en aktief by die opvoeding van hulle kinders betrokke wees. Ons bid ook dat U geroepe leiers sal laat opstaan om as rolmodelle en mentors vir vaderlose kinders en jongmense op te tree.
Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat vaders in ons huishoudings sal opstaan om met goddelike wysheid en insig op te voed, te lei, te voorsien en raadgewend op te tree. Ons verklaar in geloof dat gesinne genesing sal ervaar in Jesus se Naam.