Dag 5: Suiwer Hande en Reine Harte (50 Dae Gebedsreis)
Skriflesing: Psalm 24:3–4 — “Wie mag teen die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom staan? [4] Die mens met skoon hande en ‘n rein hart wat nie na nietigheid hunker en nie sweer by wat vals is nie,”
Gebed: Here, reinig ons motiewe, ons woorde, ons stemkeuses, ons politieke vooroordele, en ons selfsugtige voorkeure. Vergewe ons waar ons openbare optrede die maatstaf van die wêreld weerspieël het, en nie dié van U Koninkryk nie. Vergewe ons waar ons toe gegee het en sonde toegelaat het. Ons nooi die Heilige Vuur van U Gees om die onreinheid uit ons harte weg te brand, en ons ambisies, en motiewe te reinig, sodat die Kerk in die nasie U standaarde van reinheid en heiligheid weerspieël.
Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof rein hande, suiwer harte en stemme van waarheid in elke aspek van hierdie verkiesing (verkiesingsveldtogte, monitering, beoordeling, stemming en stemtelling). Ons verklaar dat die mag van onregverdige en ongesonde netwerke en alliansies in die Naam van Jesus afgebreek sal word, en dat regverdige leiers as suiwer werktuie tot God se eer verkies sal word in elke munisipaliteit.