Skriflesing: Hebreërs 11:6 – “Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan, en dat Hy dié beloon wat Hom soek.”
Skrif: 2 Korintiërs 4:17-18 “Want ons ligte en tydelike verdrukking bewerk vir ons ‘n gewigtige en allesoortreffende ewige heerlikheid, terwyl ons nie let op die sigbare nie, maar op die onsigbare dinge; want die sigbare is tydelik, die onsigbare ewig.”
Gebed: Vader, maak gemeenskappe vry van vrees, wantroue en intimidasie. Bevry ons van die bose en lei ons op paaie van geregtigheid ter wille van U Naam. Ons lê ons hopeloosheid en vooroordele neer en ons bid vir die regte leiers in ons munisipaliteite. Ons bid dat mense se gees van apatie sal verander in ‘n gees van verantwoordelikheid om te gaan stem. Vul ons met geloof en hoop en dat ons U as die Geneesheer van ons nasie sal sien. Gee ons ‘n nuwe visie vir ons land in lyn met dit wat U sien. Ons sien ‘n land wat herstel en draai na die hart van die Vader.
Geloofsverklaring: Ons verklaar dat ons in geloof leef en nie in vrees nie. Ons leef in geloof en nie deur dit wat ons nie kan sien nie. Ons stap in gehoorsaamheid aan God en nie in vrees vir ander mense nie. Laat God in sy mag verskyn en laat Sy vyande verstrooi word.