Dag 9: Gehoorsaamheid en verantwoordelikheid (50 Dae Gebedsreis)
Skriflesing: Jakobus 1:22 – “22 Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie.”
Gebed: Here, help gelowiges om nie net te bid nie, maar om verantwoordelik op te tree, te stem, te dien en vrede te soek. Mag ons ons diens aanbied waarookal U ons roep. As U heilige en afgesonderde mense, gee dat ons ons harte na wysheid rig en ons ore oopstel vir die verstaan van U weë; want geloof sonder werke is dood.
Geloofsverklaring: Ons verklaar gehoorsame geloof wat deur verantwoordelike aksie sigbaar word. Ons is doeners van die Woord, nie net hoorders nie. Hier is ek, Here, stuur my!