Die Argief van die NG Kerk bewaar sinodes, ringe en gemeentes se argivalia en dien ook as ‘n inligtingsbron vir navrae of persone wat navorsing doen. Handleidings, Acta van sinodes en hulpmiddels word gereeld opdateer. (www.kerkargief.co.za)
Alle formele dokumente sal voortgaan direk na die kerkagief gekoppel word. Dit help dat ons altyd die mees opdateerde dokument beskikbaar stel aan predikante en gemeentes. Vir enige navrae, kontak asseblief die kantoor van die kerkargief telefonies by 021 882 9923 of via e-pos by argief@kaapkerk.co.za