
Die Raamwerkdokument oor die missionale aard en roeping van die kerk 2013 lê 'n teologiese basis vir 'n dokument getiteld Missionale Diakonaat Raamwerkdokument. Die dokument wat ook as verslag voor die AS 2023 gedien het, help die NG Kerk om oor die diakonaat te dink en handel vanuit 'n bepaalde Godsbegrip, kerkbegrip, en benadering tot bedieningspraktyk. Die dokument sluit af met hierdie belangrike voorstel vir verdere hantering: 'Gemeentes, ringe, en sinodes ontvang hierdie raamwerk en tree onderling en in netwerkverband met KMDR-lidorganisasies en ander medewerkers in gesprek. Nuwe insigte ontwikkel en help vorm die kerk se verstaan van roeping, aard en bedieningspraktyk'. 'n Gespreksriglyn in video-formaat struktureer 'n gesprek tussen gemeentes, ringe, sinodes, en kerkeie-maatskaplike diensorganisasies oor Godsbegrip, verstaan van roeping (kerkbegrip) en bedieningspraktyk wat samewerking in bediening as strategie kies.
Die Taakspan vir Diakonaat het vier fokusse vir die termyn 2023-2027:
Navraag oor die werksaamhede van die Taakspan Diakonaat kan gerig word aan info@ngkerk.org.za