Jou vrae beantwoord

Die PredikanteSAAMkoms 2026 is ’n ruimte om asem te haal. Vergewis jouself wat SAAMKOMS behels, hoe om te registreer, watter ondersteuning in plek is om dit vir jou moontlik te maak en wat jy kan verwag om te beleef.

Die Bedoeling van die SAAMkoms

SAAMKOMS is ’n fees van roeping, geloof en menswees waar predikante herstel, bevestiging en nuwe hoop vind.
Dit is ’n ruimte van waardering en gemeenskap waar ons mekaar se stories eer en saam na God se leiding luister.

Hoe die Program Werk

Sessies vind regoor die terrein plaas volgens die program. Jy kies self wat jy wil bywoon, volg jou energie en behoefte. Sommige sessies vereis vooraf bespreking. Alles is ontwerp vir deelname, of jy wil luister, gesels, bid of net stil wees.