DIMAS

DIMAS is ’n geïntegreerde datasisteem wat ’n samehangende beeld wil gee van die NG Kerk se barmhartigheidswerk en maatskaplike betrokkenheid regdeur die land. Dit bring data oor die werk van gemeentes en sinodes bymekaar en lees dit saam met die werk van die 344 maatskaplike diensprogramme wat deel vorm van die Kerklike Maatskaplike Diens Raad (KMDR).

Betroubare data bemagtig die Kerk en die KMDR om met integriteit verslag te doen oor die omvang, aard en impak van hul diens aan mense en gemeenskappe.

DIMAS gaan egter oor meer as net data. Dit wil ook nuwe moontlikhede vir samewerking tussen gemeentes, sinodes en kerklik-geaffilieerde maatskaplike diensorganisasies oopmaak, sodat ons saam ’n groter verskil in gemeenskappe kan maak. DIMAS is tans in ’n ontwikkelingsfase. Tussen Maart 2025 en April 2026 is ’n loodsprojek van stapel gestuur wat op bejaardesorg gefokus het. Hierdie eerste fase is afgehandel, maar die projek moet nog ’n tweede fase deurloop. ’n Videoverslag oor die eerste fase is beskikbaar, asook ’n PDF-dokument met die teks van die video.

Lees meer