Skriflesing: Miga 2:13 “Die een wat deurbreek, gaan voor hulle uit. Hulle breek deur en gaan deur ʼn poort; hulle gaan daardeur uit! Hulle Koning
gaan voor hulle uit, die HERE is op die voorpunt!””
Gebed: Vader deurbreek elke area wat gebuk gaan onder geweld, swak dienslewering, wantroue, werkloosheid en politieke spanning. God van geregtigheid, laat U regverdige standaarde in elke munisipaliteit en metro seëvier. Here, laat die krag van U Naam en die waarheid van U Woord die duisternis ontmasker en die kwaad weerstaan. Ons staan in die Naam van
Jesus teen manipulasie, omkoop van kiesers en enige poging om mag op ‘n onregverdige wyse te verkry. Ontbloot elke vorm van hoogmoed, magsug, misleiding en onreg wat daarop gemik is om mense te manipuleer. Gee aan diegene wat verantwoordelikheid ontvang, wysheid, nederigheid en ’n hart vir geregtigheid.”
Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat die Here die Een wat wat deurbrake bring en voor Sy mense uitgaan. Ons vertrou op Hom as Koning en Here oor ons gemeenskappe. Ons bely dat die Here geregtigheid liefhet en dat alle gesag uiteindelik aan Hom behoort. Ons verklaar in geloof dat geweld, korrupsie, manipulasie en onreg nie die laaste sê het nie, omdat God die Regverdige Regter is. Ons bid dat gesonde raad en goddelike wysheid sal opstaan in elke gemeenskap wat kwesbaar is vir onstabiliteit. Ons bid dat regverdige stemme uit elke stam, taal, geloofsoortuiging en kultuur gehoor sal word en sal bydra tot vrede, eenheid en harmonie. Ons
bely ons afhanklikheid van die Here en vertrou Hom om vrede, geregtigheid, wysheid en waarheid in ons gemeenskappe te laat seëvier.