Dag 48: Die Stemtelling en Uitslae (50 Dae Gebedsreis)

Skriflesing: Spreuke 21:3 “Om te doen wat reg en billik is, is vir die HERE verkieslik bo offers.”

Gebed: Vader, laat die tel van stemme, die invoer van data, verifiëring, vervoer van stemhouers, hantering van besware en die bekendmaking van
uitslae met waarheid, noukeurigheid, regverdigheid en deursigtigheid geskied. Mag niks hierdie proses ontspoor nie: geen vorm van bedrog of misleiding nie—in die Naam van Jesus vra ons dit.

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat die Here waarheid en geregtigheid liefhet. Ons bely dat geen menslike manipulasie, bedrog of onreg voor Hom verborge is nie. Ons vertrou die Here om waarheid aan die lig te bring en om diegene wat verantwoordelik is vir die verkiesingsproses,
met integriteit, wysheid en noukeurigheid te lei.
Ons verklaar in geloof dat die Lig van Jesus Christus in elke donker plek skyn.

SHARE THIS EVENT

Event Details

Start Date
October 31, 2026 12:00am
End Date
October 31, 2026 12:00am
Location
Gauteng
Category
Verkiesingsdag, Uitslae en Inwyding

Organizer