Kommunikasie- en Mediakoördineerder – Hatfield

Die Algemene Sinode van die NG Kerk het ’n vakature vir ’n Kommunikasie- en Mediakoördineerder. In ’n tyd waar duidelike en verantwoordelike kommunikasie belangrik is, soek ons iemand wat kan help om die kerkverband se getuienis helder en toeganklik in die publieke ruimte te verwoord.
Waar die Kerk getuig en werk

Besluite van die Moderamen getuig van ’n verbintenis tot gehoorsame navolging van Christus. Ons verkondig Christus as Verlosser en Hoop, terwyl konkrete keuses van diens, geregtigheid en deernisvolle teenwoordigheid in ’n gebroke wêreld nie nagelaat word nie.
Adventgebed 2025 en Adventlied

SIEN. GLO. DOEN. ‘n Gebed en ‘n lied geïnspireer deur ‘n vergadering van die Algemene Sinode Moderamen.