Skrywe van die Algemene Sekretaris – Junie Nr 2

Beste kollega

Baie dankie vir die goeie reaksie op my vorige skrywe. Ek waardeer die wenke, navrae en opmerkings wat ek ontvang het. Ek probeer om die e-pos uit my kantoor so kort moontlik te hou.

ʼn Belangrike saak wat ek nou aan jou wil kommunikeer omdat ruimte in die vorige skrywe dit nie toegelaat het nie, is die vordering met die proses rondom die hantering van die appèlle.

PROSES RONDOM HANTERING VAN APPÈLLE

Jy het kennis geneem van die ingewikkelde proses rondom die hantering van appèlle.

Leemtes in die Kerkorde maak dit nie moontlik om appèlle gemaklik te hanteer nie. Die rede hiervoor is dat daar sekere tegniese beperkings op die Kerkorde is.

Na oorweging van advies is daar op die volgende proses besluit ten opsigte van die tegniese aspekte van die appèlle:

  1. Die ASM adviseer dat ongekontamineerde ATR sekundi, dit wil sê, sekundi wat nie by die Algemene Sinode 2015 was nie of wat self ʼn appellant is, ʼn appèlliggaam kan vorm vir die hantering van appèlle. Dit moet gedoen word om die moontlikheid van prejudisering te voorkom.
  2. Die appèlliggaam sal saamgeroep word deur die Aktuarius van die Algemene Sinode en sal spoedeisend deur die ASM goedgekeur word.
  3. Die appèlliggaam sal versoek word om so spoedig moontlik te konstitueer en al die appèlle in behandeling te neem.
  4. Die kantoor van die Algemene Sekretaris sal met jou kommunikeer oor die vordering van die proses.

Op Nelis van Rensburg se vorige ope uitnodiging ten opsigte van wenke oor hoe die proses rondom appèlle gehanteer kan word, is daar voorstelle ontvang. Ná oorweging van voorstelle en wenke is daar besluit om voort te gaan met die proses soos hierbo beskryf word.

Ek hou julle op datum.

Saam in Sy diens.

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 10 Julie 2026)
10 July 2026
Uitreik na immigrante in nood | Huis Piek se inwoners wys liefde met grondboontjiebotter en konfyt
8 July 2026
’n Brief vir die vroue van ons kerk
7 July 2026
Brief: Om as leraar af te los op die platteland
7 July 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Skuiling
12 July 2026
Igloe
11 July 2026
Kwaliteit – Gebed
10 July 2026
Kwaliteit
10 July 2026

Lig Tydskrif Vennote

Liewe Jesus se pleister en die Groot Geneesheer
10 July 2026
Laaste dae van genade vir Hermanus-vrou: ‘Dankie, Here’
8 July 2026
Van ’n intensiewesorgeenheid na die Comrades – vrou vertel van haar wonderbaarlike herstel ná ’n motorongeluk
8 July 2026
Ná 32ste aansoek om keuring ’n dokter: ‘God het my geleer hoe om staande te bly in die wind’
7 July 2026