Kom ons bid vir Suid-Afrika – 50 dae van gesamentlike voorbidding (14 September tot 3 November)

Verkiesing – 4 November 2026

Wat as gelowiges in dorpe en stede regoor Suid-Afrika in dieselfde tyd, met een hart, begin bid – vir ons land, ons gemeenskappe en die mense wat ons dien?

Die NG Kerk is genooi om deel te wees van ‘n interkerklike gebedsaksie. City Connect: 50 Gebedsdae nooi gemeentes, lidmate, gebedsgroepe, families en elke gelowige om saam op ’n 50-dae-gebedsreis te gaan ter voorbereiding op die 2026-plaaslike verkiesings. Die gebedsreis strek van 14 September tot 3 November 2026.

Die uitgangspunt is eenvoudig: wanneer ’n stad floreer, floreer sy mense. Daarom herinner Jeremia 29:7 ons: “Bevorder die voorspoed van die stad … en bid tot die Here vir die stad, want in sy voorspoed is daar ook voorspoed vir julle.”

Die 50-dae-gebedsgids neem ons elke dag op ’n gestruktureerde reis van Skrif, gebed en verklaring van dit waarin ons onwrikbaar glo. Ons bid vir bekering en geestelike ontwaking, vir hoop en vrede, vir kiesers en politieke leiers, vir die verkiesingsproses, en vir die welstand van ons munisipaliteite, wyke en gemeenskappe.

Dit is ’n geleentheid om ons gebede plaaslik te rig – om ons eie provinsie, munisipaliteit, wyk, gemeenskap, leiers en inwoners by die naam voor God te bring.

Ons nooi daarom elke gemeente uit om saam met haar lidmate aan die interkerklike City Connect gebedsreis deel te neem. Gebruik die gids tydens eredienste, in kleingroepe, by gebedsbyeenkomste en tydens persoonlike stiltetyd. Deel die daaglikse gebede met lidmate en moedig hulle aan om elke dag ’n paar minute opsy te sit om vir Suid-Afrika en die plek waar hulle woon, te bid.

Ons hoef nie almal op dieselfde plek te wees om saam te bid nie. Ons vorm juis ‘n gebedsketting – van stad tot dorp, van gemeente tot gemeente, van huis tot huis. Die visie is om Christengelowiges, kerke, bedieninge en gebedsgroepe rondom ’n gemeenskaplike gebedsdoel te verbind.

Gemeentes, kom bid saam. Lidmate, kom bid saam.Laat ons ervaar wat gebeur wanneer die kerk saam kniel voor die Here van die here.

Laai die City Connect 50 Gebedsdae-gids hier af, deel dit met familie en vriende, en nooi jou gemeente om deel te neem. ‘n Engelse gebedsgids sal ook op die YouVersion-toepassing beskikbaar wees.

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Kerk Boksburg-Wes: Orrelis
6 November 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 06 November 2026)
6 November 2026
Brief: Die Belydenis van Belhar – eintlik 197 jaar oud
5 November 2026
Algemene Sinode Moderamen vergader in Gauteng: Skrywer kom getuig oor verwonding en genesing toe kerkleiers oor geweld in Suid-Afrika besin
6 November 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Oorskiet
7 November 2026
Toolbox – Gebed
6 November 2026
Toolbox
6 November 2026
Besem – Gebed
5 November 2026

Lig Tydskrif Vennote

Van wagtyd tot verwondering: Die grootste lesse wat infertiliteit ons geleer het
5 November 2026
KinderKersKous | Gee ’n kind die geskenk van ’n Bybelstorie
2 November 2026
KYK: ‘Ek wil sy storie vertel, al red dit net één lewe’ – Vrou praat oor haar man se selfdood
30 October 2026
76-jarige se reis na vergifnis: ‘My ma het my as 13-jarige by vriende afgelaai, en my nooit weer kom haal nie’
28 October 2026