Kerkkalender 2027

** LET WEL: Die kalender is saamgestel deur die kantoor van die Algemene Sinode en dien slegs as ’n basis. Dit kan aangepas word deur sinodes en gemeentes met byvoeging van unieke plaaslike gebeure.
Nuwejaarsdag (Publieke Vakansiedag) 1 Januarie
Epifanie 6 Januarie
*Week van Gebed vir Kerkeenheid 17-23 Januarie
*Lydensweek 1 / Verheerlikingsondag / Biddag vir Opvoeding en Onderwys 7 Februarie
Aswoensdag 10 Februarie
Lydenstyd 14 Februarie – 28 Maart
Lydensweek 2 14 Februarie
Lydensweek 3 21 Februarie
Lydensweek 4 / *Biddag vir Trauma en Verlies 28 Februarie
Wêreldbiddag vir Vroue 5 Maart
Wêreldbiddag vir Mans 6 Maart
Lydensweek 5 7 Maart
Lydensweek 6 14 Maart
Aanvang van Groot Lydensweek / Palmsondag 21 Maart
Menseregtedag (Publieke Vakansiedag) 21 Maart
Spesiale Publieke Vakansiedag 22 Maart
Goeie Vrydag (Publieke Vakansiedag) 26 Maart
Stil Saterdag 27 Maart
Paassondag 28 Maart
Gesinsdag (Publieke Vakansiedag) 29 Maart
Biddag vir Gesondheidsdienste 11 April
Vryheidsdag (Publieke Vakansiedag) 27 April
Werkersdag (Publieke Vakansiedag) 1 Mei
Hemelvaart 6 Mei
Moedersdag 9 Mei
Pinksterfees 16 Mei
Triniteitsondag 23 Mei
Koninkrykstyd 23 Mei – 21 November
Biddag vir Ekologie 30 Mei
Biddag vir Blindes 6 Junie
Biddag vir Jeug en Kategese 13 Junie
Jeugdag (Publieke Vakansiedag) 16 Junie
Vadersdag 20 Junie
Barmhartigheidsmaand / Vrouemaand 1-31 Augustus
Nasionale Vrouedag (Publieke Vakansiedag) 9 Augustus
Bybelsondag 29 Augustus
*Seisoen van Skepping 1 September – 4 Oktober
Biddag vir Dowes 5 September
*Biddag vir Landbou en die Boerderygemeenskap 12 September
Erfenisdag (Publieke Vakansiedag) 24 September
Biddag vir Bejaardes 26 September
*Internasionale Dag vir Ouer Persone 1 Oktober
Hervormingsfees 31 Oktober
Biddag vir Beskermingsdienste 14 November
Christus die Koning Sondag 21 November
16 Dae teen Geslagsgebaseerde Geweld 25 November – 10 Desember
1ste Advent Sondag 28 November
Wêreld Vigsdag 1 Desember
2de Advent Sondag 5 Desember
3de Advent Sondag 12 Desember
Versoeningsdag (Publieke Vakansiedag) 16 Desember
4de Advent Sondag 19 Desember
Kersfees (Publieke Vakansiedag) 25 Desember
Welwillendheidsdag (Publieke Vakansiedag) 26 Desember
Spesiale Publieke Vakansiedag 27 Desember
*Die Week van Gebed is ’n gevestigde gebruik in die NG Kerk. Hierdie spesifieke tyd word ook reeds sedert 1908 internasionaal as ‘n ekumeniese gebedstyd vir die eenheid van die kerk ingerig. Jesus se gebed “dat hulle almal een mag wees” (Johannes 17:21) roep die Kerk tot sigbare eenheid. Deur aan te sluit versterk die NG Kerk ekumeniese verhoudinge, toon nederigheid oor verdeeldheid, en getuig van Christelike eenheid in ‘n gefragmenteerde wêreld.
*Gemeentes stap jaarliks die pad saam met Christus na Sy kruis en opstanding. Tradisioneel word dit oor sewe lydensweke gedoen. Dit skep ruimte vir bekering, selfondersoek, dissipelskap, lyding, kruis, versoening en hoop. Met die herwaardering van die ritme van ’n hele kerklike jaar, is die positiewe gebruik ingevoer om Aswoensdag te vier. Die datum word in die kerkjaar só bepaal dat dit altyd tussen die eerste Sondag en tweede Sondag van die sewe lydensweke val en só gevier word.
*Biddag vir trauma en verlies: Pastorale sorg is in die hart van gemeentebediening en Christelike sorg. Ons is baie bewus van die unieke konteks van lyding in Suid-Afrika. Hoë misdaadstatistiek traumatiseer voortdurend individue, families en gemeenskappe. Die trauma van Covid-19 het steeds impak op baie. Die Bybel roep ons om mekaar se laste te dra (Galasiërs 6:2). ‘n Biddag erken gemeenskaplike pyn, skep ruimte vir heling, en demonstreer die kerk se besorgdheid oor mense. Dit bied hoop te midde van trauma en posisioneer die kerk as ‘n helende teenwoordigheid in ons kwesbare samelewing.
*’n Seisoen van skepping van 1 September tot 4 Oktober word reeds wyd in ekumeniese kringe gevier. Hierdie beweging groei internasionaal in die lig van klimaatsverandering en ‘n duidelike oproep tot getuienis en rentmeesterskap teenoor in verhouding tot die skepping.
*Landbou is die ruggraat van Suid-Afrika se ekonomie en voedselsekerheid. Boere, hul werknemers en landelike gemeenskappe staan onder groot druk vanweë verskeie eksterne faktore, insluitend natuurlike realiteite soos droogtes en klimaatsverandering. Hierdie biddag sou ‘n geleentheid wees om te bid vir reën, goeie oeste, vrede en veiligheid op plase, en wysheid vir beleidsmakers wat landbou raak.
*Internasionale Dag vir Ouer Persone word jaarliks op 1 Oktober gevier om die bydraes van seniors te erken en om te fokus op uitdagings soos gesondheidsorg, maatskaplike sekuriteit en die beskerming van ouer mense se regte.
Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 10 Julie 2026)
10 July 2026
Uitreik na immigrante in nood | Huis Piek se inwoners wys liefde met grondboontjiebotter en konfyt
8 July 2026
’n Brief vir die vroue van ons kerk
7 July 2026
Brief: Om as leraar af te los op die platteland
7 July 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Igloe
11 July 2026
Kwaliteit – Gebed
10 July 2026
Kwaliteit
10 July 2026
Pa – Gebed
9 July 2026

Lig Tydskrif Vennote

Liewe Jesus se pleister en die Groot Geneesheer
10 July 2026
Laaste dae van genade vir Hermanus-vrou: ‘Dankie, Here’
8 July 2026
Van ’n intensiewesorgeenheid na die Comrades – vrou vertel van haar wonderbaarlike herstel ná ’n motorongeluk
8 July 2026
Ná 32ste aansoek om keuring ’n dokter: ‘God het my geleer hoe om staande te bly in die wind’
7 July 2026

Create a session

Session Title *
Description *
Max Seats *
Lokaal *
Kies Datum *
Tyd *
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB

Create a venue

Venue Title *
Venue Image *
Maximum file size: 128 MB
Description *
Facilitator
Facilitator Image
Maximum file size: 128 MB
Location *
date *
Venue Duration