Kerkkalender 2027

** LET WEL: Die kalender is saamgestel deur die kantoor van die Algemene Sinode en dien slegs as ’n basis. Dit kan aangepas word deur sinodes en gemeentes met byvoeging van unieke plaaslike gebeure.
Nuwejaarsdag (Publieke Vakansiedag) 1 Januarie
Epifanie 6 Januarie
*Week van Gebed vir Kerkeenheid 17-23 Januarie
*Lydensweek 1 / Verheerlikingsondag / Biddag vir Opvoeding en Onderwys 7 Februarie
Aswoensdag 10 Februarie
Lydenstyd 14 Februarie – 28 Maart
Lydensweek 2 14 Februarie
Lydensweek 3 21 Februarie
Lydensweek 4 / *Biddag vir Trauma en Verlies 28 Februarie
Wêreldbiddag vir Vroue 5 Maart
Wêreldbiddag vir Mans 6 Maart
Lydensweek 5 7 Maart
Lydensweek 6 14 Maart
Aanvang van Groot Lydensweek / Palmsondag 21 Maart
Menseregtedag (Publieke Vakansiedag) 21 Maart
Spesiale Publieke Vakansiedag 22 Maart
Goeie Vrydag (Publieke Vakansiedag) 26 Maart
Stil Saterdag 27 Maart
Paassondag 28 Maart
Gesinsdag (Publieke Vakansiedag) 29 Maart
Biddag vir Gesondheidsdienste 11 April
Vryheidsdag (Publieke Vakansiedag) 27 April
Werkersdag (Publieke Vakansiedag) 1 Mei
Hemelvaart 6 Mei
Moedersdag 9 Mei
Pinksterfees 16 Mei
Triniteitsondag 23 Mei
Koninkrykstyd 23 Mei – 21 November
Biddag vir Ekologie 30 Mei
Biddag vir Blindes 6 Junie
Biddag vir Jeug en Kategese 13 Junie
Jeugdag (Publieke Vakansiedag) 16 Junie
Vadersdag 20 Junie
Barmhartigheidsmaand / Vrouemaand 1-31 Augustus
Nasionale Vrouedag (Publieke Vakansiedag) 9 Augustus
Bybelsondag 29 Augustus
*Seisoen van Skepping 1 September – 4 Oktober
Biddag vir Dowes 5 September
*Biddag vir Landbou en die Boerderygemeenskap 12 September
Erfenisdag (Publieke Vakansiedag) 24 September
Biddag vir Bejaardes 26 September
*Internasionale Dag vir Ouer Persone 1 Oktober
Hervormingsfees 31 Oktober
Biddag vir Beskermingsdienste 14 November
Christus die Koning Sondag 21 November
16 Dae teen Geslagsgebaseerde Geweld 25 November – 10 Desember
1ste Advent Sondag 28 November
Wêreld Vigsdag 1 Desember
2de Advent Sondag 5 Desember
3de Advent Sondag 12 Desember
Versoeningsdag (Publieke Vakansiedag) 16 Desember
4de Advent Sondag 19 Desember
Kersfees (Publieke Vakansiedag) 25 Desember
Welwillendheidsdag (Publieke Vakansiedag) 26 Desember
Spesiale Publieke Vakansiedag 27 Desember
*Die Week van Gebed is ’n gevestigde gebruik in die NG Kerk. Hierdie spesifieke tyd word ook reeds sedert 1908 internasionaal as ‘n ekumeniese gebedstyd vir die eenheid van die kerk ingerig. Jesus se gebed “dat hulle almal een mag wees” (Johannes 17:21) roep die Kerk tot sigbare eenheid. Deur aan te sluit versterk die NG Kerk ekumeniese verhoudinge, toon nederigheid oor verdeeldheid, en getuig van Christelike eenheid in ‘n gefragmenteerde wêreld.
*Gemeentes stap jaarliks die pad saam met Christus na Sy kruis en opstanding. Tradisioneel word dit oor sewe lydensweke gedoen. Dit skep ruimte vir bekering, selfondersoek, dissipelskap, lyding, kruis, versoening en hoop. Met die herwaardering van die ritme van ’n hele kerklike jaar, is die positiewe gebruik ingevoer om Aswoensdag te vier. Die datum word in die kerkjaar só bepaal dat dit altyd tussen die eerste Sondag en tweede Sondag van die sewe lydensweke val en só gevier word.
*Biddag vir trauma en verlies: Pastorale sorg is in die hart van gemeentebediening en Christelike sorg. Ons is baie bewus van die unieke konteks van lyding in Suid-Afrika. Hoë misdaadstatistiek traumatiseer voortdurend individue, families en gemeenskappe. Die trauma van Covid-19 het steeds impak op baie. Die Bybel roep ons om mekaar se laste te dra (Galasiërs 6:2). ‘n Biddag erken gemeenskaplike pyn, skep ruimte vir heling, en demonstreer die kerk se besorgdheid oor mense. Dit bied hoop te midde van trauma en posisioneer die kerk as ‘n helende teenwoordigheid in ons kwesbare samelewing.
*’n Seisoen van skepping van 1 September tot 4 Oktober word reeds wyd in ekumeniese kringe gevier. Hierdie beweging groei internasionaal in die lig van klimaatsverandering en ‘n duidelike oproep tot getuienis en rentmeesterskap teenoor in verhouding tot die skepping.
*Landbou is die ruggraat van Suid-Afrika se ekonomie en voedselsekerheid. Boere, hul werknemers en landelike gemeenskappe staan onder groot druk vanweë verskeie eksterne faktore, insluitend natuurlike realiteite soos droogtes en klimaatsverandering. Hierdie biddag sou ‘n geleentheid wees om te bid vir reën, goeie oeste, vrede en veiligheid op plase, en wysheid vir beleidsmakers wat landbou raak.
*Internasionale Dag vir Ouer Persone word jaarliks op 1 Oktober gevier om die bydraes van seniors te erken en om te fokus op uitdagings soos gesondheidsorg, maatskaplike sekuriteit en die beskerming van ouer mense se regte.
Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Elders gesien: Nuwe leiers verkies by Oostelike Sinodesitting
17 October 2026
‘Die ongelykhede gaan net verdiep’: Oostelike Sinode bespreek wat die kerk nie mag miskyk nie
17 October 2026
Verstaan die Ou Testament: Die weerloosheid van vroue
16 October 2026
Oostelike sinode: Dag 1 | Dié sinode vergader ‘doelbewus anders’
17 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Stilmaak
17 October 2026
Taktvol – Gebed
16 October 2026
Taktvol
16 October 2026
Geduld – Gebed
15 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 October 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 October 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026