Opvolg: Skolewet en Verootmoediging

Beste Kollegas

In my vorige brief het ek genoem dat ʼn wysigingswetsontwerp voorgelê is wat 46 klousules van die Skolewet ingrypend wil verander. Dit is van die uiterste belangrik dat beheerliggame en kerkgemeenskappe sal reageer op voorstelle ten opsigte van dié wysigings.

Klik hier vir ʼn kort opsomming en kommentaar om die kern van waaroor die wysigings gaan, saam te vat. Jy kan dit vir die voorsitter van jou kerkraad gee, asook aan die voorsitter(s) van die beheerliggame van die plaaslike skole.

Groot dank aan FEDSAS vir die raad en ondersteuning in die voorbereiding van die NG Kerk se reaksie op die wysigingswetsontwerp. ʼn Engelse weergawe van die opsomming sal ook beskikbaar wees. Doen gerus navraag by my (gustavc@ngkerk.org.za) as jy dit nodig het.

Gemeentes word herinner dat die teikendatum vir enige besware 10 November is. Tyd is dus redelik beperk as jy of jou gemeente beswaar wil maak. Besware moet gerig word aan advokaat TD Rudman by rudman.d@dbe.gov.za.

Baie dankie vir jou samewerking.

Verootmoediging 8 November: Protes en Versoening

Ons protesteer teen alle vorme van onreg, magsmisbruik en vergryp, want Jesus het ons geleer om te honger en dors na geregtigheid.

“Ons roep elke gemeente op om op 8 November geleenthede en ruimte te skep vir gelowiges om onsself voor God te ondersoek sodat ons rein van hart kan leef, om ons woede en vrese na Hom toe te neem sodat ons sagmoedig kan word, om ons liedere van klag aan Hom te rig sodat ons vry kan word, om ons afhanklikheid van Hom te bely sodat ons die koninkryk van die hemel kan ontvang, om nuwe verbintenisse te maak om toegewyd te treur saam met dié wat treur sodat ons vertroos kan word, en om vrede te maak sodat ons kinders van God genoem kan word (Matteus 5:3-12).”

Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die moderamen, skryf: “Ons uitdaging nou is om in medelandsburgers se skoene te gaan staan en te probeer voel wat hulle voel. Ons word uitgedaag om mekaar te troos en mekaar se hande te vat.”

Bybel-Media is besig om twee video’s te maak, een waarin Nelis die agtergrond van hierdie oproep van die moderamen verduidelik (meer gerig op kerkleiers) en een wat Sondag tydens eredienste gewys kan word.

Bybel-Media sal die video’s HIER laai sodra dit beskikbaar is.

Groete en seën

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Sinode in die Vrystaat: ‘Ons eenheid is broos, ja. Maar daar is ’n diepe hunkering na vrede, en na mekaar’ – Lubbe
5 June 2026
Só gaan dit weke ná groot stormskade | Boere is getraumatiseer, vra voorbidding
5 June 2026
NG Ring van Hanover: Brugleraar (ses tot nege maande)
5 June 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 05 Junie 2026)
5 June 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Mond – Gebed
5 June 2026
Mond
5 June 2026
Dag – Gebed
4 June 2026
Dag
4 June 2026

Lig Tydskrif Vennote

‘Ek kon skielik nie sien, hoor of praat nie’ – vrou glo dat swaarkry haar vir ’n eie bediening gevorm het
5 June 2026
Louis en Hettie Brittz se grootste les: ‘Die huwelik gaan nie oor selfvervulling nie’
4 June 2026
LiG Getuig-podcast #3: ‘Ek wil die stilte rondom alkoholisme breek’
3 June 2026
Nina en Ma Lindie – ‘Dis genade wat ons stories mooi maak’
1 June 2026

Create a venue

Venue Title *
Venue Image *
Maximum file size: 128 MB
Description *
Facilitator
Facilitator Image
Maximum file size: 128 MB
Location *
date *
Venue Duration