Opvolg: Skolewet en Verootmoediging

Beste Kollegas

In my vorige brief het ek genoem dat ʼn wysigingswetsontwerp voorgelê is wat 46 klousules van die Skolewet ingrypend wil verander. Dit is van die uiterste belangrik dat beheerliggame en kerkgemeenskappe sal reageer op voorstelle ten opsigte van dié wysigings.

Klik hier vir ʼn kort opsomming en kommentaar om die kern van waaroor die wysigings gaan, saam te vat. Jy kan dit vir die voorsitter van jou kerkraad gee, asook aan die voorsitter(s) van die beheerliggame van die plaaslike skole.

Groot dank aan FEDSAS vir die raad en ondersteuning in die voorbereiding van die NG Kerk se reaksie op die wysigingswetsontwerp. ʼn Engelse weergawe van die opsomming sal ook beskikbaar wees. Doen gerus navraag by my (gustavc@ngkerk.org.za) as jy dit nodig het.

Gemeentes word herinner dat die teikendatum vir enige besware 10 November is. Tyd is dus redelik beperk as jy of jou gemeente beswaar wil maak. Besware moet gerig word aan advokaat TD Rudman by rudman.d@dbe.gov.za.

Baie dankie vir jou samewerking.

Verootmoediging 8 November: Protes en Versoening

Ons protesteer teen alle vorme van onreg, magsmisbruik en vergryp, want Jesus het ons geleer om te honger en dors na geregtigheid.

“Ons roep elke gemeente op om op 8 November geleenthede en ruimte te skep vir gelowiges om onsself voor God te ondersoek sodat ons rein van hart kan leef, om ons woede en vrese na Hom toe te neem sodat ons sagmoedig kan word, om ons liedere van klag aan Hom te rig sodat ons vry kan word, om ons afhanklikheid van Hom te bely sodat ons die koninkryk van die hemel kan ontvang, om nuwe verbintenisse te maak om toegewyd te treur saam met dié wat treur sodat ons vertroos kan word, en om vrede te maak sodat ons kinders van God genoem kan word (Matteus 5:3-12).”

Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die moderamen, skryf: “Ons uitdaging nou is om in medelandsburgers se skoene te gaan staan en te probeer voel wat hulle voel. Ons word uitgedaag om mekaar te troos en mekaar se hande te vat.”

Bybel-Media is besig om twee video’s te maak, een waarin Nelis die agtergrond van hierdie oproep van die moderamen verduidelik (meer gerig op kerkleiers) en een wat Sondag tydens eredienste gewys kan word.

Bybel-Media sal die video’s HIER laai sodra dit beskikbaar is.

Groete en seën

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Elders gesien: Nuwe leiers verkies by Oostelike Sinodesitting
17 October 2026
‘Die ongelykhede gaan net verdiep’: Oostelike Sinode bespreek wat die kerk nie mag miskyk nie
17 October 2026
Verstaan die Ou Testament: Die weerloosheid van vroue
16 October 2026
Oostelike sinode: Dag 1 | Dié sinode vergader ‘doelbewus anders’
17 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Aksie
18 October 2026
Stilmaak
17 October 2026
Taktvol – Gebed
16 October 2026
Taktvol
16 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 October 2026
“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 October 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026