Gebedsgeleentheid en hofsaak oor selfdegeslagverhoudings

Beste kollega,

Ek vertrou dit gaan goed met jou. Die jaar is vinnig aan die uitloop en die laaste helfte het dikwels uitdagings van sy eie. Mag uitdagings waarmee jy worstel die genade die hoogtepunte van 2018 wees vir jou wees.

In hierdie skrywe uit my kantoor gee ek in inligting oor twee sake.

Eerstens ‘n herinnering aan die versoek om deel te neem aan ‘n gebedsgeleentheid op Sondag 2 September 2018. Kennisgewing hiervan is reeds deur die elektroniese nuusbriewe van die verskillende sinodes gegee. Die behoefte om so ‘n geleentheid aan te vra is drieerlei:

  1. Dankbaarheid oor die mooi reen wat op soveel plekke geval het. Hier word gedink aan damvlakke wat, in die Wes Kaap en ander voorheen droogte geteisterde plekke, baie beter vertoon as ooreenkomstig dieselfde tyd verlede jaar. Welkome reen het uitkoms gebring op talle plekke.
  2. Voorbidding word ook gevra vir die talle streke wat nog gebuk gaan onder ‘n uitmergelende droogte. Met hartseer word kennis geneem van kritieke situasies in verskeie streke. Boere verloor plase en vee as gevolg van die langdurige knellende droogte. Talle plaaswerkers word deel van die groter wordende werkloosheid statistiek. Dit gaan gepaard met geweldige trauma, onsekerheid en hooploosheid vir hierdie mense en hulle gesinne. Dieselfde situasie herhaal hom ook op ander plekke. Die Vrystaat en Goudland sinodes verrig wondere om boerdery gemeenskappe pastoraal en andersins by te staan.
  3. Laastens vra die die situasie rondom grondhervorming voorbidding. Bo en behalwe talle uitdagings en onsekerheid waarmee boerdery gemeenskappe mee worstel, is onduidelikheid oor die moontlik negatiewe implikasies van grondhervorming, ‘n nog verswarende faktor. Wyd uiteenlopende uitsprake en populisme met die oog op die verkiesing van 2019 skep ‘n klimaat van geweldige onsekerheid.

Die tweede saak waaroor ek graag inligting deurgee handel oor die hofgeding van 12 lidmate teen die NG Kerk rondom die selfdegeslag besluite van die Buitengewone Algemene Sinode van 2016. Die saak het aan die orde gekom op 21 Augustus in die Pretoria se Hoe Hof. Regters Rualinga, Potterill en Molefe was die voorsittende regters. Die saak is deur die onderskeie regspanne van die twee partye gevoer en ʼn uitspraak word oor die volgende paar maande verwag. Die saak van die 12 het hoofsaaklik gegaan oor:

  1. dat die besluite van 2016 grondwetlike regte soos menswaardigheid en gelykheid as gevolg van diskriminasie skend. Die Grondwet, het die 12 geargumenteer, vereis dat diskriminasie verbied word.
  2. Sekere kerkordelike prosedurele foute gemaak is in die besluite van 2016.

Hierteenoor het die NG Kerk die standpunt gehandhaaf dat:

  1. die kerk het sy reg op vryheid van geloof uitgeoefen met die 2016 besluit. Howe is nie by magte om te besluit oor dispute en  leerstellings van die kerk nie.
  2. Die NG Kerk het sy besluite van 2016 de novo  binne die kerkorde op ʼn demokratiese wyse geneem en is dit dus vir die huidige die geldende standpunt van die kerk.

Soos reeds genoem sal uitspraak rondom die saak in die maande wat kom gelewer word en kan daar dus nie gespekuleer word  oor die uitkoms van die hofgeding nie. Nieteenstaande  bly die hele saak ʼn hartseer gebeure in die geskiedenis van die kerk met lidmate wat die volle spektrum van menings weerskante van die saak verteenwoordig. ‘n Verklaring sal ook deur die modratuur gemaak word en aan julle gestuur word.

Tot ‘n volgende keer sterkte en seen.

Vriendelike groete

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Kerk in Noord-Kaapland hou sinodesitting | Dag 1: ‘My bede is dat God hier sigbaar sal word’
12 October 2026
Reeks oor roepingsverhale: ‘My lewenspad tot hier’
12 October 2026
Brief: Hartkreet van ’n Dopper-in-diaspora
12 October 2026
Lekkerlees: Bo die wolke
12 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Tug – Gebed
12 October 2026
Tug
12 October 2026
Dokter
11 October 2026
Rebel
10 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 October 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026