Gebedsgeleentheid en hofsaak oor selfdegeslagverhoudings

Beste kollega,

Ek vertrou dit gaan goed met jou. Die jaar is vinnig aan die uitloop en die laaste helfte het dikwels uitdagings van sy eie. Mag uitdagings waarmee jy worstel die genade die hoogtepunte van 2018 wees vir jou wees.

In hierdie skrywe uit my kantoor gee ek in inligting oor twee sake.

Eerstens ‘n herinnering aan die versoek om deel te neem aan ‘n gebedsgeleentheid op Sondag 2 September 2018. Kennisgewing hiervan is reeds deur die elektroniese nuusbriewe van die verskillende sinodes gegee. Die behoefte om so ‘n geleentheid aan te vra is drieerlei:

  1. Dankbaarheid oor die mooi reen wat op soveel plekke geval het. Hier word gedink aan damvlakke wat, in die Wes Kaap en ander voorheen droogte geteisterde plekke, baie beter vertoon as ooreenkomstig dieselfde tyd verlede jaar. Welkome reen het uitkoms gebring op talle plekke.
  2. Voorbidding word ook gevra vir die talle streke wat nog gebuk gaan onder ‘n uitmergelende droogte. Met hartseer word kennis geneem van kritieke situasies in verskeie streke. Boere verloor plase en vee as gevolg van die langdurige knellende droogte. Talle plaaswerkers word deel van die groter wordende werkloosheid statistiek. Dit gaan gepaard met geweldige trauma, onsekerheid en hooploosheid vir hierdie mense en hulle gesinne. Dieselfde situasie herhaal hom ook op ander plekke. Die Vrystaat en Goudland sinodes verrig wondere om boerdery gemeenskappe pastoraal en andersins by te staan.
  3. Laastens vra die die situasie rondom grondhervorming voorbidding. Bo en behalwe talle uitdagings en onsekerheid waarmee boerdery gemeenskappe mee worstel, is onduidelikheid oor die moontlik negatiewe implikasies van grondhervorming, ‘n nog verswarende faktor. Wyd uiteenlopende uitsprake en populisme met die oog op die verkiesing van 2019 skep ‘n klimaat van geweldige onsekerheid.

Die tweede saak waaroor ek graag inligting deurgee handel oor die hofgeding van 12 lidmate teen die NG Kerk rondom die selfdegeslag besluite van die Buitengewone Algemene Sinode van 2016. Die saak het aan die orde gekom op 21 Augustus in die Pretoria se Hoe Hof. Regters Rualinga, Potterill en Molefe was die voorsittende regters. Die saak is deur die onderskeie regspanne van die twee partye gevoer en ʼn uitspraak word oor die volgende paar maande verwag. Die saak van die 12 het hoofsaaklik gegaan oor:

  1. dat die besluite van 2016 grondwetlike regte soos menswaardigheid en gelykheid as gevolg van diskriminasie skend. Die Grondwet, het die 12 geargumenteer, vereis dat diskriminasie verbied word.
  2. Sekere kerkordelike prosedurele foute gemaak is in die besluite van 2016.

Hierteenoor het die NG Kerk die standpunt gehandhaaf dat:

  1. die kerk het sy reg op vryheid van geloof uitgeoefen met die 2016 besluit. Howe is nie by magte om te besluit oor dispute en  leerstellings van die kerk nie.
  2. Die NG Kerk het sy besluite van 2016 de novo  binne die kerkorde op ʼn demokratiese wyse geneem en is dit dus vir die huidige die geldende standpunt van die kerk.

Soos reeds genoem sal uitspraak rondom die saak in die maande wat kom gelewer word en kan daar dus nie gespekuleer word  oor die uitkoms van die hofgeding nie. Nieteenstaande  bly die hele saak ʼn hartseer gebeure in die geskiedenis van die kerk met lidmate wat die volle spektrum van menings weerskante van die saak verteenwoordig. ‘n Verklaring sal ook deur die modratuur gemaak word en aan julle gestuur word.

Tot ‘n volgende keer sterkte en seen.

Vriendelike groete

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Doodsertifikaat: hoe om dit in Suid-Afrika te verkry
1 October 2025
Brief: Oor eerbiedwaardigheid vir die nagmaal
1 October 2025
Malan Nel (86) sê wat dit vir hom beteken om leerbaar te bly en Jaco Strydom sê KI skep die behoefte aan rou, eerstehandse ervarings
30 September 2025
Skrywer nooi jou om saam te dink oor sterflikheid
30 September 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Óór-analities
2 October 2025
Oordeelsvermoë – Gebed
1 October 2025
Oordeelsvermoë
1 October 2025
Onvergenoeg – Gebed
30 September 2025

Lig Tydskrif Vennote

Jesus se uitnodiging na nader, ligter, minder
2 October 2025
Gebede wat verhoor word, maak ons bang
1 October 2025
Pastoor getuig: ‘Ek moes eers my gewese man, my gewelddadige pa en my molesteerder vergewe voordat ek kon blom’
30 September 2025
Van kwadrupleeg tot mondskilder en motiveringspreker: ‘God is my kompas’
26 September 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?