Uitspraak van die hofsaak, Regulering van godsdiens en Kerswense

Beste Kollega

ʼn Laaste skrywe vir die jaar vanuit die kantoor van die Algemene Sekretaris. Ek wil graag die een en ander onder jou aandag bring.

Eerstens kan ek die nuus oordra dat uitspraak van die hofsaak in die eerste termyn van 2019 gelewer sal word.

Tweedens is die hele kwessie rondom die regulering van godsdiens steeds op die tafel. In ʼn vorige brief is ʼn gedragskode vir predikante/pastore, wat deur die kerke geskryf is, aan jou gestuur as ʼn voorstel hoe regulering van kerke hanteer kan word. Hierdie gedragskode was ʼn voorstel van die kerke aan die CRL Rights Commission om die saak van selfregulering te behartig. Die saak rondom regulering het ʼn kommerwekkende wending geneem. By ʼn vergadering wat op 13 Februarie 2019 plaasvind, sal belangrike besluite rondom die saak hanteer word. Ek hou jou op hoogte van dié saak.

Derdens is ʼn tweede dokument oor voorgestelde Haatspraak-wetgewing beskikbaar gemaak vir kommentaar voor 31 Januarie 2019. Die NG Kerk sal hierop reageer en dié kommentaar sal aan jou deurgegee word.

Laastens wil ek jou ʼn mooi en geseënde feestyd toewens. Die jaar 2018 was besonder uitdagend. Afgesien van persoonlike uitdagings het die huidige politieke en ekonomiese klimaat in die land groot eise aan ons elkeen gestel. In talle dele van ons land was – en is daar steeds – ʼn knellende droogte. Jy as leraar het dit aan jou lyf gevoel. Ons dra soms moeilik met ons saam ʼn kollektiewe pessimisme en hooploosheid van lidmate wat swaarkry. Dit is moeilik om mense rondom jou positief te hou wanneer die media ʼn donker prentjie skets van korrupsie, staatskaping, toenemende rassisme en geweld. Hier aan die einde van die jaar kleur die dreigende inploffing van ESKOM die prentjie nog donkerder in.

Die boodskap van Kersfees herinner ons egter daaraan dat Christus uit vrye wil gebore is in tyd en ruimte, terwyl Hy geweet het hoe die wêreld lyk. Hy het geweet dat Hy meer as net ʼn uitdagende lewe sou lei. Hy het geweet wat Hy alles sou moes prysgee, waarvandaan Hy gekom het en waarheen Hy sou teruggaan (Joh 8:14). En tog is Hy gebore. Dit is die hoop wat die Kersboodskap vir ons bring. Want agter die historiese skerms sien ons God raak. Agter keiser Augustus se troon is God se troon; agter sy woord is God se Woord; agter sy fiskale planne is die plan van God; agter sy volkstelling is die volheid van die tyd. Dit voel dikwels vir ons of ons lewe bloot op ʼn horisontale vlak verloop. Dat ons vasgeketting is binne die geslote skakels van die geskiedenis. Jesus het egter op die eerste Kersdag die geskiedenis onherroeplik verander. Hy het bevestig dat God se plan voortgaan. In ons elkeen se lewe!

Mag Kersfees 2018 vir jou moed, vreugde en sin in die lewe gee. Daarom bid ek vir jou en vir my:

“Mag ons hierdie Kersfees opnuut, saam met al die gelowiges, die onvoorwaardelike liefde van God in Christus leer ken. Mag ons hele lewe vervul word met die liefde van Jesus.

En mag ons hierdie liefde elke dag uitleef.”

Kersgroete

Gustav Claassen

 

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Doodsertifikaat: hoe om dit in Suid-Afrika te verkry
1 October 2025
Brief: Oor eerbiedwaardigheid vir die nagmaal
1 October 2025
Malan Nel (86) sê wat dit vir hom beteken om leerbaar te bly en Jaco Strydom sê KI skep die behoefte aan rou, eerstehandse ervarings
30 September 2025
Skrywer nooi jou om saam te dink oor sterflikheid
30 September 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Óór-analities
2 October 2025
Oordeelsvermoë – Gebed
1 October 2025
Oordeelsvermoë
1 October 2025
Onvergenoeg – Gebed
30 September 2025

Lig Tydskrif Vennote

Gebede wat verhoor word, maak ons bang
1 October 2025
Pastoor getuig: ‘Ek moes eers my gewese man, my gewelddadige pa en my molesteerder vergewe voordat ek kon blom’
30 September 2025
Van kwadrupleeg tot mondskilder en motiveringspreker: ‘God is my kompas’
26 September 2025
‘Jesus en Ockert het haar kom haal’
25 September 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?