Geïntegreerde databasis ontwikkel vir NGK predikante

Die VBO-forum het in samewerking met die Algemene Taakspan vir Predikantesake ooreengekom om ʼn geïntegreerde databasis vir al die predikante van die NGK te ontwikkel. Die databasis is nou klaar ontwerp en die VBO-punte van predikante is oorgedra vanaf die CPD-platform, asook ingetrek van ander sinodale stelsels van kursusbywoning, na hierdie nuwe platform.

Alle punte wat verwerf is, is reeds oorgedra om seker te maak dat niemand deur die oorgang benadeel sal word nie. Elke leraar se punte is gelaai onder die leraar se ABR-nommer, sodat jy nooit hoef te registreer vir VBO-punte nie. Sodra jy gelegitimeer is, is jy op die sisteem en het jy ʼn profiel.

Elke sinode en VBO-sentrum het administrateurs aangewys om die databasis in die betrokke sinodale gebied te administreer:

Leraars kan hulle navrae rig aan die administrateur van hulle betrokke streek.

Hierdie sinodale administrateurs kan in die toekoms self puntekodes skep vir kursusse. Hulle kan ook punte wat verwerf word deur die bywoning van kursusse en ander maniere soos deur die VBO-beleid bepaal, op hierdie nuwe databasis laai.

Leraars kan ook hulle profiele bestuur deur die puntekode self te laai as dit die werkwyse van hulle betrokke sinode is. KLIK HIER vir ʼn kort handleiding om toegang tot jou profiel te kry, die kursusse wat jy gedoen het te sien of jou punte self te laai.

Let wel: ʼn Leraar se profiel is net sigbaar hom- of haarself en vir die administratiewe bestuurder van die betrokke sinode. Jou profiel is dus privaat.

Die voordeel is dat indien ʼn leraar na ʼn nuwe gemeente of sinodale gebied sou skuif, die betrokke leraar se profiel met bogenoemde inligting via die databasis gekoppel word aan die nuwe streek en gemeente. Jou profiel met kursusse gedoen “trek” dus saam met jou na  jou nuwe standplaas, in watter sinode ook al.

Op die profiel van die leraar word die volgende inligting gelaai:

  • Volle naam en van
  • Gemeente
  • Selfoon
  • Telefoon
  • E-pos
  • Verjaarsdag
  • ʼn Profielfoto
  • Kursusse bygewoon: beskrywing en krediete

KLIK HIER vir ‘n voorbeeld van ’n profiel, met toestemming van Jannie le Roux.

Let wel: Die kursusse is nog nie kronologies gerangskik nie en die puntetotale is ook nog nie onderaan nie. Dié twee sake sal nog reggestel word sodat ’n predikant kan sien wat sy of haar totale punte vir ’n jaar (50) of die 7-jaar-siklus (350) is.

Vriendelike groete

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Elders gesien| Nadia Marais: ‘Hoe klink geloofstaal oor mediese bystanddood?’
9 October 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 09 Oktober 2026)
9 October 2026
NG Gemeente Paardekraal-Monument: Vastetermyn leraar (voltydse kontrak – drie jaar)
9 October 2026
Minister paai vrese rondom staatsbeheer van kerke tydens hoëvlak gesprek by Kasteel die Goeie Hoop
9 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Dokter
11 October 2026
Rebel
10 October 2026
Goeie Nuus – Gebed
9 October 2026
Goeie Nuus
9 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 October 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026