Geïntegreerde databasis ontwikkel vir NGK predikante

Die VBO-forum het in samewerking met die Algemene Taakspan vir Predikantesake ooreengekom om ʼn geïntegreerde databasis vir al die predikante van die NGK te ontwikkel. Die databasis is nou klaar ontwerp en die VBO-punte van predikante is oorgedra vanaf die CPD-platform, asook ingetrek van ander sinodale stelsels van kursusbywoning, na hierdie nuwe platform.

Alle punte wat verwerf is, is reeds oorgedra om seker te maak dat niemand deur die oorgang benadeel sal word nie. Elke leraar se punte is gelaai onder die leraar se ABR-nommer, sodat jy nooit hoef te registreer vir VBO-punte nie. Sodra jy gelegitimeer is, is jy op die sisteem en het jy ʼn profiel.

Elke sinode en VBO-sentrum het administrateurs aangewys om die databasis in die betrokke sinodale gebied te administreer:

Leraars kan hulle navrae rig aan die administrateur van hulle betrokke streek.

Hierdie sinodale administrateurs kan in die toekoms self puntekodes skep vir kursusse. Hulle kan ook punte wat verwerf word deur die bywoning van kursusse en ander maniere soos deur die VBO-beleid bepaal, op hierdie nuwe databasis laai.

Leraars kan ook hulle profiele bestuur deur die puntekode self te laai as dit die werkwyse van hulle betrokke sinode is. KLIK HIER vir ʼn kort handleiding om toegang tot jou profiel te kry, die kursusse wat jy gedoen het te sien of jou punte self te laai.

Let wel: ʼn Leraar se profiel is net sigbaar hom- of haarself en vir die administratiewe bestuurder van die betrokke sinode. Jou profiel is dus privaat.

Die voordeel is dat indien ʼn leraar na ʼn nuwe gemeente of sinodale gebied sou skuif, die betrokke leraar se profiel met bogenoemde inligting via die databasis gekoppel word aan die nuwe streek en gemeente. Jou profiel met kursusse gedoen “trek” dus saam met jou na  jou nuwe standplaas, in watter sinode ook al.

Op die profiel van die leraar word die volgende inligting gelaai:

  • Volle naam en van
  • Gemeente
  • Selfoon
  • Telefoon
  • E-pos
  • Verjaarsdag
  • ʼn Profielfoto
  • Kursusse bygewoon: beskrywing en krediete

KLIK HIER vir ‘n voorbeeld van ’n profiel, met toestemming van Jannie le Roux.

Let wel: Die kursusse is nog nie kronologies gerangskik nie en die puntetotale is ook nog nie onderaan nie. Dié twee sake sal nog reggestel word sodat ’n predikant kan sien wat sy of haar totale punte vir ’n jaar (50) of die 7-jaar-siklus (350) is.

Vriendelike groete

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Watter Bybeldagboek kies ek vir die nuwe jaar?
18 December 2024
NG Gemeente Amersfoort: Voltydse leraar/emeritus
18 December 2024
ACK Howick/Pukekohe Gemeente in Auckland, NZ : Leraarspos
17 December 2024
Fontainebleau Gemeenskapskerk (NG Fontainebleau) : Aanbiddingsleier
17 December 2024

Boodskap Vir Vandag Vennote

Nie vir my nie, dankie!
3 January 2025
Wysheid in praktyk
2 January 2025
Wat is wysheid?
1 January 2025
Sê dit met jou lewe
31 December 2024

Lig Tydskrif Vennote

Loop lig vir sulke finansiële slenters
10 December 2024
2024 se mees gelese getuienisse: Ma se berou en twee vroue se stryd ná man se selfdood, tikverslawing
25 December 2024
‘n Planeetvriendelike Kersfees
25 November 2024
Kerstradisies – maak dit (nog) saak?
13 December 2024
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?