Inligting oor Covid-19

COVID-19 bied ongelooflike uitdagings aan ons elkeen. Dit is egter ook waar dat dit vir ’n missionale kerk geleenthede bied wat ons met oorgawe kan omarm. Die NG Kerk met al haar kundigheid, passievolle lidmate en infrastruktuur kan in ’n uitdagende konteks ’n wesenlike verskil maak en so ’n kragtige getuienis lewer.

KLIK HIER vir die pastoralebrief

KLIK HIER vir die verklaring van die ASM se dagbestuur

Die vraag is: Hoe gaan ons die geleentheid aangryp om die gemeenskappe waarin ons kerk is te dien? Dit sal vra dat ons nie net saambid oor die saak nie, maar ook binne kerkverband met oorgawe sal saamwerk om die impak van die virus te beperk. Saam kan ons ’n groter verskil maak. Kerkbode (kerkbode@tydskrifte.co.za) gaan ruimte skep vir enige kreatiewe opsies waarmee gemeentes of individue die kerkverband kan dien. Om jou gemeente of streeksinode en/of hulpbronne vir bediening te midde van die noodmaatreëls teen COVID-19 met ander gelowiges te deel, stuur asseblief ’n e-pos na bogenoemde e-posadres.

Ons kan baie by mekaar leer, en van ander denominasies. In die week wat kom, sal daar verskeie ekumeniese geleenthede wees waar kerke met mekaar inligting oor hulle onderskeie projekte en prosesse kan deel. Ek onderneem om jou deur die Kerkbode-kollegas op datum hiervan te hou.

President Ramaphosa het dit nodig geag om kerkleiers eerskomende Donderdag oor hierdie saak te ontmoet. Terugvoering sal ná die ontmoeting gegee word.

Byvoorbaat dankie vir jou saamdink, saambid en saamwerk.

Saam in Sy diens

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 10 Julie 2026)
10 July 2026
Uitreik na immigrante in nood | Huis Piek se inwoners wys liefde met grondboontjiebotter en konfyt
8 July 2026
’n Brief vir die vroue van ons kerk
7 July 2026
Brief: Om as leraar af te los op die platteland
7 July 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Skuiling
12 July 2026
Igloe
11 July 2026
Kwaliteit – Gebed
10 July 2026
Kwaliteit
10 July 2026

Lig Tydskrif Vennote

Liewe Jesus se pleister en die Groot Geneesheer
10 July 2026
Laaste dae van genade vir Hermanus-vrou: ‘Dankie, Here’
8 July 2026
Van ’n intensiewesorgeenheid na die Comrades – vrou vertel van haar wonderbaarlike herstel ná ’n motorongeluk
8 July 2026
Ná 32ste aansoek om keuring ’n dokter: ‘God het my geleer hoe om staande te bly in die wind’
7 July 2026