Inligting oor Covid-19

COVID-19 bied ongelooflike uitdagings aan ons elkeen. Dit is egter ook waar dat dit vir ’n missionale kerk geleenthede bied wat ons met oorgawe kan omarm. Die NG Kerk met al haar kundigheid, passievolle lidmate en infrastruktuur kan in ’n uitdagende konteks ’n wesenlike verskil maak en so ’n kragtige getuienis lewer.

KLIK HIER vir die pastoralebrief

KLIK HIER vir die verklaring van die ASM se dagbestuur

Die vraag is: Hoe gaan ons die geleentheid aangryp om die gemeenskappe waarin ons kerk is te dien? Dit sal vra dat ons nie net saambid oor die saak nie, maar ook binne kerkverband met oorgawe sal saamwerk om die impak van die virus te beperk. Saam kan ons ’n groter verskil maak. Kerkbode (kerkbode@tydskrifte.co.za) gaan ruimte skep vir enige kreatiewe opsies waarmee gemeentes of individue die kerkverband kan dien. Om jou gemeente of streeksinode en/of hulpbronne vir bediening te midde van die noodmaatreëls teen COVID-19 met ander gelowiges te deel, stuur asseblief ’n e-pos na bogenoemde e-posadres.

Ons kan baie by mekaar leer, en van ander denominasies. In die week wat kom, sal daar verskeie ekumeniese geleenthede wees waar kerke met mekaar inligting oor hulle onderskeie projekte en prosesse kan deel. Ek onderneem om jou deur die Kerkbode-kollegas op datum hiervan te hou.

President Ramaphosa het dit nodig geag om kerkleiers eerskomende Donderdag oor hierdie saak te ontmoet. Terugvoering sal ná die ontmoeting gegee word.

Byvoorbaat dankie vir jou saamdink, saambid en saamwerk.

Saam in Sy diens

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Verslag ná feitesending: ‘Ons het mense ontmoet wat ondanks alles weier om vyande te wees’
31 October 2026
‘Mag God ons gebed hoor, vir ‘n vrye en regverdige verkiesing’
31 October 2026
Verklaring rakende Algemene Sinode se feitesending in Midde-Ooste
31 October 2026
Tussenin | Zander van der Westhuizen: Oor ’n deur na nêrens en die genade van nog-nie-klaar-nie
29 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Nartjie
1 November 2026
Waatlemoen
31 October 2026
Voorreg – Gebed
30 October 2026
Voorreg
30 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

KYK: ‘Ek wil sy storie vertel, al red dit net één lewe’ – Vrou praat oor haar man se selfdood
30 October 2026
76-jarige se reis na vergifnis: ‘My ma het my as 13-jarige by vriende afgelaai, en my nooit weer kom haal nie’
28 October 2026
‘Dit voel asof Jesus sy hand op my skouer sit’ – 13-jarige oor almal se gebede in sy stryd teen breinkanker
27 October 2026
Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 October 2026