Algemene Sinode: Persverklaring oor selfdegeslagverhoudings

Beste kollega,

Tydens die afgelope week het die 17de Algemene Sinode van die NG Kerk in Boksburg bymekaar gekom. Dit was ‘n vergadering wat van die begin af in ‘n besondere gees plaasgevind het. Die vergadering het ‘n stewige agenda, om-en by 529 bladsye, gehad om deur te werk en ‘n verskeidenheid van sake was op die tafel. Oor die besluite wat geneem is sal ek graag in die tyd wat kom aan jou wil terugvoer gee. Heelwaarskynlik, as jy op sosiale media is, het jy reeds van sommige besluite kennis geneem. Ek sou egter graag net die belangrike besluit oor selfdegeslagverhoudings op hierdie stadium aan jou wil kommunikeer. ‘n Verklaring oor die besluite in die verband word vir jou aangeheg. Die ander besluite en hoogtepunte soos die verslag oor scenario-beplanning, Dan Kriek van AgriSA se boodskap van hoop rondom grondhervorming en die besoek van Hoofregter Moegoeng Moegeng, wil ons netjies verpak en beskikbaar stel met PowerPoint en klankgrepe vir jou gebruik in die gemeente.

KLIEK HIER vir die persverklaring oor selfdegeslagverhoudings.

Jou voorbidding vir die vergadering word baie waardeer.

Vriendelike groete

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Doodsertifikaat: hoe om dit in Suid-Afrika te verkry
1 October 2025
Brief: Oor eerbiedwaardigheid vir die nagmaal
1 October 2025
Malan Nel (86) sê wat dit vir hom beteken om leerbaar te bly en Jaco Strydom sê KI skep die behoefte aan rou, eerstehandse ervarings
30 September 2025
Skrywer nooi jou om saam te dink oor sterflikheid
30 September 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Óór-analities
2 October 2025
Oordeelsvermoë – Gebed
1 October 2025
Oordeelsvermoë
1 October 2025
Onvergenoeg – Gebed
30 September 2025

Lig Tydskrif Vennote

Gebede wat verhoor word, maak ons bang
1 October 2025
Pastoor getuig: ‘Ek moes eers my gewese man, my gewelddadige pa en my molesteerder vergewe voordat ek kon blom’
30 September 2025
Van kwadrupleeg tot mondskilder en motiveringspreker: ‘God is my kompas’
26 September 2025
‘Jesus en Ockert het haar kom haal’
25 September 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?