Algemene Sinode: Persverklaring oor selfdegeslagverhoudings

Beste kollega,

Tydens die afgelope week het die 17de Algemene Sinode van die NG Kerk in Boksburg bymekaar gekom. Dit was ‘n vergadering wat van die begin af in ‘n besondere gees plaasgevind het. Die vergadering het ‘n stewige agenda, om-en by 529 bladsye, gehad om deur te werk en ‘n verskeidenheid van sake was op die tafel. Oor die besluite wat geneem is sal ek graag in die tyd wat kom aan jou wil terugvoer gee. Heelwaarskynlik, as jy op sosiale media is, het jy reeds van sommige besluite kennis geneem. Ek sou egter graag net die belangrike besluit oor selfdegeslagverhoudings op hierdie stadium aan jou wil kommunikeer. ‘n Verklaring oor die besluite in die verband word vir jou aangeheg. Die ander besluite en hoogtepunte soos die verslag oor scenario-beplanning, Dan Kriek van AgriSA se boodskap van hoop rondom grondhervorming en die besoek van Hoofregter Moegoeng Moegeng, wil ons netjies verpak en beskikbaar stel met PowerPoint en klankgrepe vir jou gebruik in die gemeente.

KLIEK HIER vir die persverklaring oor selfdegeslagverhoudings.

Jou voorbidding vir die vergadering word baie waardeer.

Vriendelike groete

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Brief: Waar is die kind in ons morele gesprekke?
7 September 2026
Nagedink oor SAAMkoms 2026: Wat staan in transformasie se pad?
7 September 2026
Brief: Liewe Dominee, staan sterk!
7 September 2026
Durbanville-gemeente: Voltydse leraarspos
7 September 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Eerlik
8 September 2026
Tollenaarsgebed
7 September 2026
Skaal
6 September 2026
Raad
5 September 2026

Lig Tydskrif Vennote

Desiré Gardner: ‘My lewe is een lang antwoord op gebed’
7 September 2026
Hondehelde: ’n terapiehond, ’n beskermengel en ’n kankerversorger
2 September 2026
Vier maande lank het ’n masjien vir haar asemgehaal: ‘Ek het net gebid dat ek my dogtertjie weer kon vashou’
1 September 2026
Ons plek aan God se tafel
31 August 2026