95ste Wêreldbiddag vir Vroue

Vanjaar se tema is ‘U het my volmaak geskape’. Die program is saamgestel deur vroue van die Cook-Eilande.

Wêreldbiddag vir Vroue word vanjaar op 7 Maart gehou.  Die Wêreldbiddag vir Vroue is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en -kinders van verskillende lande wat elke jaar op die eerste Vrydag in Maart vergader om ‘n besondere dag van gebed te vier. Tydens die Wêreldbiddag vergader gelowiges van verskillende rasse, kulture en kerke, om saam te bid, ons voor God te verootmoedig en vir mekaar in te tree.  Internasionaal word die Wêreldbiddag reeds vanaf 1887 gevier. Die dag word tans in meer as 170 lande op al 7 kontinente gehou. In Suid-Afrika is dit die 95ste jaar wat ons deel is hiervan. Die program word in nege van die amptelike tale vertaal.  

Hier is hulpmiddels wat gemeentes en gebedsgroepe kan help met die samestelling van ’n program. Dit bly ’n besondere geleentheid om te weet dat vroue regoor die wereld in lande op hierdie dag rondom ’n bepaalde tema in gebed verenig. Vanjaar se tema herinner aan die kosbaarheid van God se skepping en in besonder, die mens!

Lees gerus ook die berig deur Kerkbode oor vanjaar se gebedsgeleentheid 

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Elders gesien| Nadia Marais: ‘Hoe klink geloofstaal oor mediese bystanddood?’
9 October 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 09 Oktober 2026)
9 October 2026
NG Gemeente Paardekraal-Monument: Vastetermyn leraar (voltydse kontrak – drie jaar)
9 October 2026
Minister paai vrese rondom staatsbeheer van kerke tydens hoëvlak gesprek by Kasteel die Goeie Hoop
9 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Dokter
11 October 2026
Rebel
10 October 2026
Goeie Nuus – Gebed
9 October 2026
Goeie Nuus
9 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 October 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026