HERVORMINGSDAGGETUIENIS

‘n Vergadering van leiers van die tien sinodes (bekend as die moderamen) het in Oktober 2024 saamgeval met die geskiedkundige herdenking van die Reformasie (1517). Dit was dus gepas om by hierdie geleentheid te getuig wat die hart van die NG Kerk se geloof en belydenis vandag, hier en nou is. Dit is ook 200 jaar na die eerste algemene kerkvergadering in 1824 aan die suidpunt van Afrika, en dit is 30 jaar na ons eerste demokratiese verkiesing in Suid Afrika. Ds Danie Mouton som die Hervormingsdaggetuienis in die weeklikse nuusbrief van die Oos Kaapland Sinode, Grens.Pos, in sewe punte op. In hierdie tyd van droogte, vloed, oorvloed en gebrek, getuig die leierskap van die NG Kerk

  1. Dat Jesus Christus die genade, goedheid en liefde van God aan alle mense kom wys het, soos die Bybel dit vertel.
  2. Dat die Bybel vir ons God se geïnspireerde Woord is, met gesag en wysheid.
  3. Dat die hart van die Skrif die lewende Christus is, wat ons vertel van God se koninkryk.
  4. Dat ons as NG Kerke ‘n roeping het om hierdie koninkryk deur ons verkondiging en dade te laat sigbaar word.
  5. Dat ons moet soek na versoening en eenheid – in ons eie kerke, met ander gereformeerde kerke, en in die breër ekumeniese familie.
  6. Dat ons teen maatskaplike kwaad moet getuig, en ‘n verskil wil maak wat hoop vir almal bied.
  7. Dat ons ook ons stem moet voeg by dié wat pleit vir vrede en geregtigheid in oorloë en konflikte elders.

Lees die volledige getuienis hier.

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Doodsertifikaat: hoe om dit in Suid-Afrika te verkry
1 October 2025
Brief: Oor eerbiedwaardigheid vir die nagmaal
1 October 2025
Malan Nel (86) sê wat dit vir hom beteken om leerbaar te bly en Jaco Strydom sê KI skep die behoefte aan rou, eerstehandse ervarings
30 September 2025
Skrywer nooi jou om saam te dink oor sterflikheid
30 September 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Oordeelsvermoë – Gebed
1 October 2025
Oordeelsvermoë
1 October 2025
Onvergenoeg – Gebed
30 September 2025
Onvergenoeg
30 September 2025

Lig Tydskrif Vennote

Gebede wat verhoor word, maak ons bang
1 October 2025
Pastoor getuig: ‘Ek moes eers my gewese man, my gewelddadige pa en my molesteerder vergewe voordat ek kon blom’
30 September 2025
Van kwadrupleeg tot mondskilder en motiveringspreker: ‘God is my kompas’
26 September 2025
‘Jesus en Ockert het haar kom haal’
25 September 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?