HERVORMINGSDAGGETUIENIS

‘n Vergadering van leiers van die tien sinodes (bekend as die moderamen) het in Oktober 2024 saamgeval met die geskiedkundige herdenking van die Reformasie (1517). Dit was dus gepas om by hierdie geleentheid te getuig wat die hart van die NG Kerk se geloof en belydenis vandag, hier en nou is. Dit is ook 200 jaar na die eerste algemene kerkvergadering in 1824 aan die suidpunt van Afrika, en dit is 30 jaar na ons eerste demokratiese verkiesing in Suid Afrika. Ds Danie Mouton som die Hervormingsdaggetuienis in die weeklikse nuusbrief van die Oos Kaapland Sinode, Grens.Pos, in sewe punte op. In hierdie tyd van droogte, vloed, oorvloed en gebrek, getuig die leierskap van die NG Kerk

  1. Dat Jesus Christus die genade, goedheid en liefde van God aan alle mense kom wys het, soos die Bybel dit vertel.
  2. Dat die Bybel vir ons God se geïnspireerde Woord is, met gesag en wysheid.
  3. Dat die hart van die Skrif die lewende Christus is, wat ons vertel van God se koninkryk.
  4. Dat ons as NG Kerke ‘n roeping het om hierdie koninkryk deur ons verkondiging en dade te laat sigbaar word.
  5. Dat ons moet soek na versoening en eenheid – in ons eie kerke, met ander gereformeerde kerke, en in die breër ekumeniese familie.
  6. Dat ons teen maatskaplike kwaad moet getuig, en ‘n verskil wil maak wat hoop vir almal bied.
  7. Dat ons ook ons stem moet voeg by dié wat pleit vir vrede en geregtigheid in oorloë en konflikte elders.

Lees die volledige getuienis hier.

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Kerk in Noord-Kaapland hou sinodesitting | Dag 1: ‘My bede is dat God hier sigbaar sal word’
12 October 2026
Reeks oor roepingsverhale: ‘My lewenspad tot hier’
12 October 2026
Brief: Hartkreet van ’n Dopper-in-diaspora
12 October 2026
Lekkerlees: Bo die wolke
12 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Tug – Gebed
12 October 2026
Tug
12 October 2026
Dokter
11 October 2026
Rebel
10 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 October 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026