VBO Taakspan droom saam

Die VBO Taakspan het op 17-18 April 2024 te eMseni gekonstitueer om die voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO) in die NG Kerk te bespreek. Die fokus was op die uitvoering van die AS aanbevelings. Die vergadering het die volgende dagbestuur en sinodale verteenwoordigers verkies:

Dagbestuur

Wes-Kaap: Jana van den Munckhof (voorsitter)

Namibië: Wynand Fourie (onder-voorsitter)

Hoëveld: Tom Smith (skriba)

Wes-Kaap: Marnus Havenga (addisionele lid)

Samestellende Sinodes se verteenwoordigers

Goudland: Jaco Schoeman

Vrystaat: Cobus Hamman

Noord-Kaap: Louwtjie Louw

KZN: Jan Viljoen

Oostelike: Tertius Erasmus

Noordelike: Paul Grobler

Oos-Kaap: Danie Mouton

Lede uit die sentra se kantore:

Bridget Lamprecht (Wes-Kaap)

Rika van Rensburg (Excelsus)

Tertius Botha (Vrystaat)

Terugvoer vanuit die Taakspan

  • ‘n Gestandaardiseerde VBO-program sal help om die blootstelling in die aanbieding te verbreed en die ontwikkeling van die totale ekologie van die teologiese bane te bevorder.
  • Die program sal fokus op spesifieke mylpale in die bediening, eerder as ouderdomsgebaseerde klassifikasie.
  • Die 16 Missionale Kapasiteite onder die afdelings van Etos, Logos, Patos is die vertrekpunt vir standaardisering.
  • ‘n Oudit van huidige VBO-aanbiedings is gedoen om te verseker dat dit met die mylpale ooreenstem.
  • Die ontwikkeling van ‘n ekosisteem van VBO is ‘n vennootskap tussen die Kuratoria, ATP, ABR en VBO, die Taakspanne van die ASM asook sinodale streke.
  • Die skakel tussen die fakulteite, kerklike opleiding en VBO is ook van kardinale belang.
  • Die pedagogie en temas wat in Geroep, Gevorm, Gestuur beskryf word, is belangrik vir die ontwikkeling van leergemeenskappe.
  • Die sleutel vir VBO is die verantwoordelikheid wat leiers vir hulle eie groei neem en deur kerkrade en Ringe moontlik gemaak word.
  • Die predikante en diensleraars, asook bedienaars en standplaasleraars se behoeftes vir leer sal onderskei moet word sodat die aanbieding van VBO behulpsaam kan wees.
  • ‘n Digitale platform is nodig om die hele VBO-proses te bestuur, insluitend rekordhouding, vordering, VBO-punte, ens. Die huidige databasis gee reeds vir alle gelegitimeerdes toegang tot hulle huidige punte (kyk gerus hier vir instruksies).
  • Die VBO-Forum ondersoek die moontlikheid vir ‘n nasionale aanlyn platform.

Prototipe vir die standaardisering:

Die Dagbestuur het begin werk aan ‘n prototipe vir standaardisering van VBO. ‘n Opsomming van hierdie prototipe kan hier gekyk word. Vanuit hierdie ontwikkeling is die volgende besluit:

–       Die VBO Taakspan ontwikkel ‘n konsep prospektus wat aan die ASM voorgelê gaan word, sodat terugvoer gegee kan word teen 1 Desember 2024.

–       Ontwikkel prototipes in elke streeksinode waar die prototipe in 2025 getoets kan word en terugvoer ontvang word. Die VBO Taakspan vra Sinodes om ten minste twee Ringe aan te beveel vir die ontwikkeling van die prototipe.

–       Sinkroniseer VBO met die Etos, Logos, Patos raamwerk en moedig leraars aan om 60 punte per jaar in ‘n verspreiding van Etos, Logos en Patos te verwerf.

Kyk gerus na hierdie video met terugvoer oor die ontwerp van die prototipe:

Ander take wat aan die VBO Taakspan opgedra is:

–       Skakeling met Taakspan Navorsing om VBO-behoeftes te toets (afgehandel in die vorige predikante paneel)

–       Skakeling met ATP en ABR oor die Databasis se ontwikkeling

–       Ontwikkel ‘n Sentrale VBO webblad en deel VBO hulpbronne as AS Taakspan

–       Ontwikkel ’n Reglement vir VBO Taakspan

–       Hersien en Herontwikkel A-Z beleid

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Sinode van Wes-Kaapland : Gemeentebegeleiding (PSD)
16 April 2026
Elders gesien | Gospelsanger en omroeper Johnny Davids oorlede
16 April 2026
NG NELSPRUIT-SUID: JEUGWERKER/DIENSLERAAR
16 April 2026
Jaco Strydom gesels met Rudolph Scharneck – ‘Ek is eintlik ’n baie versigtige ou’
16 April 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Sterre
17 April 2026
Dapper – Gebed
16 April 2026
Dapper
16 April 2026
Moed – Gebed
15 April 2026

Lig Tydskrif Vennote

Desiré Gardner getuig: ‘My storie moes op 13 geëindig het, maar toe kry ek ’n tweede kans’
16 April 2026
Lyding spreek nie die laaste woord nie
14 April 2026
Vrou kry graad en skryf ’n boek ná jare se ontbering: ‘Ek het my voor die kinderhuis-spieël moed ingepraat’
13 April 2026
Vyf jaar ná Zara se selfdood: ‘Jy is met ’n pyl geskiet – en dit bly seer’
9 April 2026