COVID-19: Reëlings rondom begrafnisse

Beste Kollegas

Ek kry in hierdie stadium redelik baie navrae oor begrafnisse. Die kommunikasie deur amptelike kanale is in baie opsigte nie duidelik nie. In gesprekke tot dusver met regeringswoordvoerders kom daar nie altyd meer duidelikheid nie.

Die Minister van Saamwerkende Regering het op 23 Maart ’n tweede, aanvullende stel regulasies uitgevaardig wat daarop gemik is om die verspreiding van die COVID-19-virus te keer. Die eerste regulasies is verlede week ná president Ramaphosa se afkondiging uitgevaardig, onder meer die bepaling dat daar minder as 100 mense by ’n samekoms moet wees.

Op 26 Maart is sekere riglyne in die staatskoerant gepubliseer wat meer inligting bevat. Dit is gepubliseer onder die opskrif:

FUNERAL REGULATIONS DURING THE INITIAL 21 DAY LOCKDOWN PERIOD.

Regulations and Gazette Notices issued on the 25th of March 2020. Lockdown effective from 23:59 on Thursday 26 March 2020.

KLIK HIER vir ’n opsomming hiervan aan, in Engels, sodat julle dit met kollegas van ander kerke kan deel.

In Bylaag B word persone geïdentifiseer wat noodsaaklike dienste moet lewer. Predikante se dienste in ’n geval van nood word onder punt 10, 11 en 27 genoem. Die kerkraad as julle werkgewer kan ’n brief op ’n briefhoof aan julle verskaf.

KLIK HIER vir die inligting wat op so ’n brief moet kom. Wat die situasie ook al mag wees, maak asseblief seker getalle word beperk. Dit spaar lewens.

Saam in Sy diens

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 23 Januarie 2026)
23 January 2026
Elders gesien : Oos-Kaapse rampfonds vra ook hulp om brandslagoffers te help
23 January 2026
NG Kerk George-Bergsig: Emeritusleraar (Pastorale hulp)
23 January 2026
Badisa se Januarie-tema: ‘herstel begin met genade’
22 January 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Genade
25 January 2026
Leer
24 January 2026
Nuut – Gebed
23 January 2026
Nuut
23 January 2026

Lig Tydskrif Vennote

Jong vrou wil hoop bring ná gru-ongeluk: ‘Ek is oukei. Jesus is by my’
23 January 2026
Lesse uit die vuur: ‘Ek kom niks kort nie’
22 January 2026
As Oprah Ozempic gebruik, kan ek seker ook. Of hoe?
21 January 2026
‘Miskien sal ek hulle eendag kan vergewe. Maar nie nou al nie …’
19 January 2026