Dagboek van die Algemene Sekretaris

WEEK VAN 19 SEPTEMBER 2025: PANORAMABEELD

Almal weet seker presies wat bedoel word met ’n panorama-foto – daardie wye beeld waar jy jou kop stadig van links na regs kan draai en ál die detail in een groot prent saamgevang word. ’n Panorama gee ’n uitsig wat herinner dat die wêreld groter is as wat ’n enkele blik bereik. Die kalender van aktiwiteite die afgelope twee weke in die kantoor van die Algemene Sinode, is só ’n panorama-foto:  die veelkantigheid van die werksaamhede in kerkverband, en ek bevind my daagliks, saam met ander,  midde-in daardie beweging.

’n Groot deel van my werk draai om die agtien taakspanne wat die opdragte van die Algemene Sinode uitvoer, saam met ’n aantal kerklike maatskappye wat as medewerkers van die kerkverband optree. In hierdie termyn (2023–2027) is daar meer as sestig sulke opdragte wat gekoördineer en gebalanseer moet word, sodat ons kerkverband sy eintlike doel bereik: om saam (identiteit) méér te doen (roeping) tot God se eer.

Die taakspanne word in vyf breë fokusgroepe verdeel – gemeentes en nuwe geloofsgemeenskappe; ekumene en publieke getuienis; evangelisasie en diakonaat; opleiding en toerusting. Dan ook die spanne wat ’n deurlopende ondersteuningsfunksie verrig, soos navorsing, finansies en bates, argief, kerkreg en predikantesake. Elke span word saamgestel uit verteenwoordigers van die nege sinodes, soms aangevul met kundiges. Dit klink dalk tegnies, maar uiteindelik is die plan eenvoudig: sinodes wat onderling saam werk, sodat sinodes plaaslik  gemeentes kan  ondersteun in die uitleef van kerkwees.

In die afgelope twee weke het vier van hierdie taakspanne vergader en hard gewerk – Ekumene, Leer en Aktuele Sake, Argief en Kerkreg. Ek het ook met een van ons kerklike medewerkers, die Kerklike Maatskaplike Diensraad (KMDR), vergader oor die ontwikkeling van ‘n sentrale datasisteem. Ons moet eenvoudig beter kommunikeer (getuig) van die werk van die kerk en daarvoor is betroubare inligting nodig. Tussendeur was ek by die Lentekonferensie in Pretoria, waar sowat 160 predikante saam vir drie dae ’n leergemeenskap gevorm het rondom ’n verskeidenheid temas. Só verrykend om nie te isoleer nie, maar saam te bly leer.

As ek die afgelope tyd in een woord moet opsom, kies ek: energie. Ek ervaar dit telkens – die kerk lééf en wérk deur leraars en lidmate wat saam op pad is. My waarneming van dinamika,  leierskap en spanwerk die afgelope twee weke, was net oorweldigend –  opsigself ’n panorama-lens van die groter prentjie – die roeping en arbeid van kerkverband om lig op die berg en sout vir die aarde te wees.

Nooit net één nie, áltyd ‘n span, regdeur al ons werksaamhede.

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Sinode in die Vrystaat: ‘Ons eenheid is broos, ja. Maar daar is ’n diepe hunkering na vrede, en na mekaar’ – Lubbe
5 June 2026
Só gaan dit weke ná groot stormskade | Boere is getraumatiseer, vra voorbidding
5 June 2026
NG Ring van Hanover: Brugleraar (ses tot nege maande)
5 June 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 05 Junie 2026)
5 June 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Loof
6 June 2026
Mond – Gebed
5 June 2026
Mond
5 June 2026
Dag – Gebed
4 June 2026

Lig Tydskrif Vennote

‘Ek kon skielik nie sien, hoor of praat nie’ – vrou glo dat swaarkry haar vir ’n eie bediening gevorm het
5 June 2026
Louis en Hettie Brittz se grootste les: ‘Die huwelik gaan nie oor selfvervulling nie’
4 June 2026
LiG Getuig-podcast #3: ‘Ek wil die stilte rondom alkoholisme breek’
3 June 2026
Nina en Ma Lindie – ‘Dis genade wat ons stories mooi maak’
1 June 2026

Create a venue

Venue Title *
Venue Image *
Maximum file size: 128 MB
Description *
Facilitator
Facilitator Image
Maximum file size: 128 MB
Location *
date *
Venue Duration