Die trou en die sorg van die Here

2019 was vir meeste Suid-Afrikaners en Namibiërs ’n moeilike jaar. Werkloosheid, armoede, geweld en ’n uitmergelende droogte bring ons letterlik op ons knieë.

As dagbestuur van die ASM is ons

  • baie bewus dat lyding in talle gestaltes in Suider-Afrika ernstige afmetings aanneem. Geweld teen vroue, kinders en landbouers – almal broos en blootgestelde mense – is maar enkele voorbeelde.
  • diep onder die indruk van die omvangryke impak van die droogte op mens en dier, maar ook op voedselsekuriteit en die ekonomie.
  • dankbaar vir die hulp uit die burgerlike samelewing en ons gemeentes aan die droogtegeteisterde mense in ons lande.

Ons wil hiermee

  • almal aanmoedig om voort te gaan met die hulpverlening en ondersteuning aan mense in nood.
  • almal oproep om te bid vir uitkoms. Die Here is immers ons toevlug. Sy deernis en trou strek veel verder as wat ons kan dink of begryp. Laat ons ons verootmoedig voor die Here met die verwagting dat Hy in hierdie dae vir ons elkeen op besonderse maniere kan oproep tot diensbaarheid, bemoediging, voorbidding en nuwe toewyding aan Hom.

Ons versoek hiermee dat julle gemeente tydens die komende Adventstyd sal bid vir mense in nood, spesifiek vir dié wat ly as gevolg van die droogte.

En mag die Kerstyd vanjaar nuwe lewegewende uitkomste bring. Mag die hoop van God wat in die wêreld van mense vleeslik intree, ons nuut of hernuwend laat onthou dat God ons steeds liefhet en sy doel met ons wil bereik.

Gustav Claassen
(namens Dagbestuur van die ASM)

29 November 2019

 

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Elders gesien| Nadia Marais: ‘Hoe klink geloofstaal oor mediese bystanddood?’
9 October 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 09 Oktober 2026)
9 October 2026
NG Gemeente Paardekraal-Monument: Vastetermyn leraar (voltydse kontrak – drie jaar)
9 October 2026
Minister paai vrese rondom staatsbeheer van kerke tydens hoëvlak gesprek by Kasteel die Goeie Hoop
9 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Tug
12 October 2026
Dokter
11 October 2026
Rebel
10 October 2026
Goeie Nuus – Gebed
9 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 October 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026