Feitesending in die Midde-Ooste

Die Algemene Sinode van die NG Kerk in Suider-Afrika het in Oktober 2023 – enkele dae ná die uitbarsting van geweld en die traumatiese gebeure van 7 Oktober – bely dat alle mense na die beeld van God geskape is en dat die Woord van God ‘n bron van lewe is; nie van dood. Die NG Kerk het haar toe verbind tot ‘n gebed om vrede vir die Midde-Ooste, om alle geweld af te keur en om ons stem te voeg by die wêreldwye Christelik-ekumeniese familie van kerke in hul pleidooi vir en soeke na ‘n blywende oplossing van die kwessie in Palestina/Israel. Namate die situasie in Palestina/Israel versleg het, het die Algemene Sinode se Moderamen (ASM) besluit om uit medelye, ‘n skenking aan Christelike Kerke in die Midde-Ooste te maak, vir hul noodleniging en barmhartigheid aan lydendes in Gasa.

Vroeër vanjaar het die NG Kerk ‘n uitnodiging van Churches for Middle East Peace (CMEP) ontvang om deel te wees van ‘n feitesending na Jordanië, Israel en Palestina, en is besluit om – aangesien ons tot op daardie stadium weens internasionale bankregulasies nie daarin kon slaag om die skenking aan kerke in Israel/Palestina oor te betaal nie – die uitnodiging te aanvaar en vier lede se besoek aan daardie lande uit hierdie skenking te finansier. ‘n Verteenwoordigende afvaardiging uit ons geledere is vir die feitesending aangewys, deeglik op hul besoek voorberei en het ons by die pasafgelope vergadering van die ASM hul verslag ontvang.

‘n Skakel na die volledige verslag van ons verteenwoordigers in die feitesending, word onderaan as PDF-dokument geplaas.

Ná die ontvangs en bespreking van hierdie verslag, het die ASM as volg besluit:

1. Die ASM neem kennis van die verslag en bedank die gashere in Jordanië, Israel en Palestina, en Churches for Middle Eastern Peace wat die besoek georganiseer het.

2. Die ASM spreek sy dank uit teenoor die vier lede van die feitesending na Jordanië, Palestina en Israel, te wete prof Marius Nel, dr Christo Benade en di. Elmarie Dercksen en Anton Mieny vir die erns waarmee hulle hierdie opdrag onderneem het, hulle persoonlike toewyding daaraan en die verhelderende en deernisvolle verslag wat hulle daaroor aan die ASM gelewer het.

3. Die ASM doen ’n oproep, saam met ons ekumeniese vennote, om vrede, gesprek en die staking van alle geweld, en veroordeel menseregteskendings deur alle partye in die Midde-Ooste.

4. Die ASM bevorder sigbare en praktiese solidariteit met Christene in die Midde-Ooste deur gebed, besoeke en steun aan hul dienswerk in onderwys, werkskepping, gesondheid en vrouebemagtiging.

5. Die ASM toon medelye met sowel Joodse slagoffers as Palestynse verontregtes.

6. Die ASM versoek dat pastorale riglyne aan gemeentes voorsien word, sodat lidmate met uiteenlopende standpunte respekvol en ingelig oor die saak in gesprek kan tree.

7. Die ASM veroordeel setlaargeweld en grondbesetting as ’n ernstige hindernis vir vrede in Israel-Palestina.

8. Die ASM bevestig dat dit nie die kerk se taak is om oor die regsvraag rakende volksmoord uitspraak te lewer nie, en respekteer die proses by die Internasionale Geregshof en ander bevoegde internasionale liggame.

9. Die ASM versoek die Dagbestuur om, as deel van die gesprek oor die kerk se publieke getuienis, riglyne te ontwikkel vir hoe die kerk op uitsprake van internasionale howe en liggame reageer. Die riglyne moet onderskei tussen bindende uitsprake, adviserende menings en verslae, en moet in oorleg met ons ekumeniese vennote opgestel word.

10. Die ASM dra dit aan die Dagbestuur op om verdere kommunikasie oor en handeling met hierdie besluit in oorleg met die Taakspan Ekumene en Publieke Getuienis te hanteer.

 

Lees die volledige verslag van die afvaardiging hier: Verslag_Afvaardiging_MiddeOoste

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Verklaring rakende Algemene Sinode se feitesending in Midde-Ooste
30 October 2026
Tussenin | Zander van der Westhuizen: Oor ’n deur na nêrens en die genade van nog-nie-klaar-nie
29 October 2026
Skrywer nooi leser om dieper te kyk na maniere waarop mag geloof inspan, ook in die kerk
29 October 2026
Kerkverband: Ring van Standerton en Hoëveld Sinode soek saam pad vorentoe 
28 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Waatlemoen
31 October 2026
Voorreg – Gebed
30 October 2026
Voorreg
30 October 2026
Fuse – Gebed
29 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

KYK: ‘Ek wil sy storie vertel, al red dit net één lewe’ – Vrou praat oor haar man se selfdood
30 October 2026
76-jarige se reis na vergifnis: ‘My ma het my as 13-jarige by vriende afgelaai, en my nooit weer kom haal nie’
28 October 2026
‘Dit voel asof Jesus sy hand op my skouer sit’ – 13-jarige oor almal se gebede in sy stryd teen breinkanker
27 October 2026
Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 October 2026