Kommentaar op die saak van teologiese opleiding soos tans in die media gevoer

  1. Die  Algemene Kuratorium neem kennis dat daar tans verskeie gesprekke in die kerk oor teologiese opleiding aan die gang is. Teologiese opleiding is ’n baie belangrike deel van ons kerk en dit is goed dat daar voortgaande gesprek in die kerk hieroor is. Teologiese opleiding, soos ander terreine van die kerk se werksaamhede, is blootgestel aan uitdagings in ons samelewing, in die kerk en in Hoër Onderwys. Om hierdie rede het die Algemene Kuratorium die afgelope paar jaar gewerk aan ’n uitgebreide verbreding van teologiese opleiding en ’n duidelike uitklaring van kriteria wat vir die NG Kerk ten opsigte van teologiese opleiding geld. Die beleidstuk “Raamwerk vir missionale bedieningsontwikkeling van die NG Kerk” is deur die onderskeie kuratoria, die Algemene Kuratorium en die ASM bespreek en goedgekeur. Hierdie beleidstuk sal by die komende Algemene Sinode in Oktober dien. Daar is aan die Algemene Taakspan Regte en Algemene Taakspan Predikantesake opdrag gegee om, waar nodig, reglementêre wysigings voor te berei vir die komende Algemene Sinode.
  2. In die lig hiervan nooi die Algemene Kuratorium gemeentes en predikante om in gesprek te tree met die onderskeie kuratoria (verkieslik) of met die Algemene Kuratorium om vrae of bekommernisse te bespreek.
  3. Ons wys graag daarop dat dit nie goed sal wees indien ons gesprekke voer sonder om ons goed te vergewis van die beleid en die stand van opleiding by ons onderskeie fakulteite en kerkeie bedieningsvorming nie.

Vriendelike groete

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

In Memoriam: Caritas Gemeenskapsfokus bring hulde aan ds Keydy O’Callaghan: ’n Reus van ’n mens het stil geword
14 August 2026
Reeks oor roepingsverhale | Annelize Botes: Tree vir tree in ritme met God se roeping
14 August 2026
Tussenin | Zander van der Westhuizen: Wat my gehelp het toe winterweer ons planne vir ’n gemeentefees in die wiele ry
14 August 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 14 Augustus 2026)
14 August 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Pouse
15 August 2026
Aanspoor – Gebed
14 August 2026
Aanspoor
14 August 2026
Nadink – Gebed
13 August 2026

Lig Tydskrif Vennote

Dozi vind innerlike vrede: ‘Ek is nie meer Dozi nie – ek is nou Hendrik Christoffel Opperman’
14 August 2026
‘Ek het die Voorsiener gesien’ – man getuig hoe God sy sterwende broer se vrese besweer
12 August 2026
Vyf vroue vertel van hul grootste seer: ‘Genesing begin wanneer jy oor jou pyn praat’
7 August 2026
‘My identiteit lê nie meer in ’n diagnose nie’ – Binnelanders-aktrise maak haar hart oop oor haar pad met depressie
5 August 2026