Kommentaar op die saak van teologiese opleiding soos tans in die media gevoer

  1. Die  Algemene Kuratorium neem kennis dat daar tans verskeie gesprekke in die kerk oor teologiese opleiding aan die gang is. Teologiese opleiding is ’n baie belangrike deel van ons kerk en dit is goed dat daar voortgaande gesprek in die kerk hieroor is. Teologiese opleiding, soos ander terreine van die kerk se werksaamhede, is blootgestel aan uitdagings in ons samelewing, in die kerk en in Hoër Onderwys. Om hierdie rede het die Algemene Kuratorium die afgelope paar jaar gewerk aan ’n uitgebreide verbreding van teologiese opleiding en ’n duidelike uitklaring van kriteria wat vir die NG Kerk ten opsigte van teologiese opleiding geld. Die beleidstuk “Raamwerk vir missionale bedieningsontwikkeling van die NG Kerk” is deur die onderskeie kuratoria, die Algemene Kuratorium en die ASM bespreek en goedgekeur. Hierdie beleidstuk sal by die komende Algemene Sinode in Oktober dien. Daar is aan die Algemene Taakspan Regte en Algemene Taakspan Predikantesake opdrag gegee om, waar nodig, reglementêre wysigings voor te berei vir die komende Algemene Sinode.
  2. In die lig hiervan nooi die Algemene Kuratorium gemeentes en predikante om in gesprek te tree met die onderskeie kuratoria (verkieslik) of met die Algemene Kuratorium om vrae of bekommernisse te bespreek.
  3. Ons wys graag daarop dat dit nie goed sal wees indien ons gesprekke voer sonder om ons goed te vergewis van die beleid en die stand van opleiding by ons onderskeie fakulteite en kerkeie bedieningsvorming nie.

Vriendelike groete

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 11 Julie 2025)
11 July 2025
Brief: Witheid (whiteness) in die NG Kerk?
11 July 2025
Brief: Ons moet ons van ons bekering bekeer
11 July 2025
Brief: ‘Eksklusiewe gebruik van enige taal – Afrikaans, Engels of Xhosa – kan uitsluiting veroorsaak’
11 July 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Potskerf en poësie
11 July 2025
Jobstroosters
10 July 2025
Help my!
9 July 2025
Weer en weer
8 July 2025

Lig Tydskrif Vennote

My noue ontkoming in see: ‘God het ’n engel gestuur om my te red’
11 July 2025
Alkoholisme – ’n gesinsverwoester
11 July 2025
Die betowering wat in die donker te vind is
10 July 2025
‘Kies om God te aanbid – ten spyte van moeilike omstandighede’
9 July 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?