NG KERK ROEP SY LIDMATE OP OM HOOP TE BRING TYDENS DIE ALGEMENE VERKIESING OP 8 MEI 2019

Die Algemene verkiesing op 8 Mei 2019-word wyd beskou as die belangrikste verkiesing sedert 1994.

Die verkiesing vind plaas teen die agtergrond van die ekonomiese gaping tussen ryk en arm wat in die huidige verswakkende ekonomiese bedeling nog verder vergroot. ‘n Onvergenoegdheid met onder andere die huidige politieke leierskap op alle vlakke van regering, swak dienslewering, werkloosheid en armoede het ongekende frustrasie, aggressie en woede by veral diegene wat grootliks afhanklik is van die staat, tot gevolg. Verdoemende getuienis oor die omvang van staatskaping het ongekende teleurstelling in die integriteit van die huidige politieke bestel tot gevolg. ‘n Emosionele saak soos grond en die onsekerheid oor hoe grondhervorming gaan uitspeel asook die elektrisiteitskrisis veroorsaak verdere onsekerheid. Tekenend van die onvergenoegdheid en volskaalse ontevredenheid is die toename in stakings en protesaksies gedurende die afgelope jare.

Die mededinging om kiesers dryf tans die politieke spanning in die land op die spits. Dit het ’n uiters ongesonde verkiesingsklimaat tot gevolg. Populisme en rasisme is aan die orde van die dag. Onverdraagsaamheid, intimidasie en betogings ruk op plekke hande uit, soveel so dat daar selfs binne partye faksiegevegte en politieke moorde voorkom.

Hierdie omstandighede bied egter aan die lidmate van die NG Kerk ‘n besondere geleentheid om getuienis te lewer. Die kerk is gebore uit die gebeure van Christus se lyding en opstanding te midde van geweldige politieke frustrasie en onsekerheid. Die kruis en opstanding van Jesus het egter nuwe perspektiewe geopen en buitengewone hoop gebring. In die koninkryk van Christus kon ons sedertdien met ander verwagtings en waardes leef. Ons fokus is nie meer op eie belang en magsvertoon nie, maar op Christus se geregtigheid en vrede vir almal. Die evangelie bied ‘n hoopgewende alternatief vir magspolitiek en selfsug. Die bydrae van christene tot ons land en wêreld is, in hierdie dae van geweld en stryd, om Christus se liefde, geregtigheid en vrede, sy diensbaarheid en selfloosheid te verkondig en te beliggaam. Verder is die sekerheid van God se teenwoordigheid ‘n blywende inspirasie om Hom na te volg. Hy wil deur ons hoop bring!

Die NG Kerk is besorg oor talle mede landsburgers wat nie toegang tot skoon water, ordentlike opvoeding, goeie mediese sorg, behuising, werksgeleenthede en sekuriteit het nie. Ons glo dat goeie administrasie en bestuurspraktyke, goeie dienslewering, en morele leierskap in elke dorp en stad grootliks sal bydra tot geregtigheid en die menswaardigheid van ons land se mense. Ons bid daarom dat die nuutverkose politieke leiers hulle volle aandag hieraan sal wy en in die styl van Christus hulle naaste met ‘n gees van toewyding en selfloosheid sal dien.

Ons versoek nou alle lidmate om saam te bid vir die verkiesing en die uitkoms daarvan. Gebed is immers ‘n geloofsbelydenis dat bo alles, God in beheer is. Met die oog op die algemene verkiesing op 8 Mei, vra ons dat onder meer vir die volgende sake voorbidding gedoen word:

  • Vir ‘n vrye en regverdige verkiesingsproses sonder omkopery, manipulasie, intimidasie en geweld.
  • Vir vrede tydens en na die verkiesing, ongeag die uitslag daarvan.
  • Vir die offervaardigheid van verkose leiers om hulle te beywer vir geregtigheid en vrede, versoening en positiewe nasiebou, en die verligting van armoede en werkloosheid.

Vriendelike groete

Gustav Claassen

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Kerk Ohrigstad: Vastetermyn-leraarspos (kontrakpos twee jaar)
7 April 2025
Brief | Praat voordat dit te laat word
7 April 2025
NG Gemeente Greytown (KZN): Deeltydse predikantepos
3 April 2025
Brief | Namibië – Moet ons juig of ween?
3 April 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Ek sien Ma bid
7 April 2025
Die genealogie van gebed
6 April 2025
In die sirkel van u sorg
5 April 2025
Gunsgenote
4 April 2025

Lig Tydskrif Vennote

​ Van stalhulp tot joggie –‘God gee my die geleentheid om my droom uit te leef’
7 April 2025
LiG Getuig: Een glanstydskrif, 43 merkwaardige getuienisse
3 April 2025
Mamma-memoires: Een koppie koffie, een gebed
2 April 2025
‘Ons baba is God se teken van hoop vir ons’ – vrou se dankbaarheid ná haar pa en boetie se selfdood
2 April 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?