Persverklaring oor geweld

DIE NG KERK DRING AAN OP AKSIE TEN OPSIGTE VAN DIE KULTUUR VAN GEWELD IN DIE SUID-AFRIKAANSE SAMELEWING

Die NG Kerk is diep bewus van die kompleksiteit van misdaad en geweld in Suid-Afrika. Internasionaal is dit aan die toeneem en Suid Afrika deel in hierdie tendens. In ons eie situasie vererger faktore soos armoede en werkloosheid die probleem. Begrip vir hierdie faktore beteken egter nie dat ons die omvang en intensiteit van misdaadvlakke wat ons tans sien nie, wil regverdig nie.

Ons sien en ervaar die impak daarvan op passasiers wat op treine beroof en afgegooi word; polisielede wat vermoor word; ‘n kind wat vlak voor haar skool uit haar ma se hande geruk en ontvoer word, ‘n plaasboer en sy vrou wie se voete in kookwater gedruk en voetsole afgesny word; vragmotors wat aan die brand gesteek word, mense wat die afgelope weke sinloos en wreed vermoor is soos die student wat ‘n pakkie by die poskantoor gaan afhaal, gesins- en huishoudelike geweld waar ‘n pa sy kinders ophang, grootskaalse geweld teen vroue en kinders. Die spiraal van geweld lyk onomkeerbaar.

Geweld druis direk in teen die menswaardigheid van mense, asook die regte van mense soos dit neerslag vind in ons Grondwet. Die wese van ons demokrasie word ernstig bedreig. Vir ons as Christene kom die ganse boodskap van die Evangelie in gedrang.

Die drastiese toename in geweld en misdaad die afgelope tyd vra vir dringende aksie van die kerk en samewerking met ander rolspelers rondom die saak. Terwyl ons waardering het vir wat gedoen word en begrip het vir die dilemmas waarmee die owerheid en wetstoepassers soms sit, hoor en sien ons nie ‘n sterk genoeg “nee” vir misdaad en geweld nie. Die houding van geen-toleransie teen enige vorm van misdaad, hoe groot of klein ookal is nie ferm genoeg nie.

Die kerk is bewus daarvan dat die owerheid nie op hul eie die hele probleem kan oplos nie. Die burgerlike samelewingsverbande, waarvan die kerk deel is, sal verantwoordelikheid vir eie gemeenskappe moet aanvaar.

As NG Kerk wil ons onsself verbind om saam met ander kerke en instansies te werk aan die vorming van ‘n samelewing met duidelike en sterk morele en gemeenskapswaardes. Daarom glo ons dat ons nou:

  • Introspektief onsself moet af vra tot watter mate ons onbedoeld deur ons kerklike praktyke, aanames en gewoontes die huidige kultuur van geweld in stand hou.
  • Moet vra of die kerk se teologie van menswaardigheid genoegsaam ontwikkeld is en gepraktiseer word om patriargie teen te staan.
  • Saam met ander kerke strategieë moet bespreek en planne vir optrede moet beraam.
  • Saam met die ander kerke praat oor wyses hoe ons as gelowiges slagoffers kan ondersteun.
  • Saam met die owerhede – nasionaal en plaaslik – oor die saakgesprek moet voer. Saam dringend ‘n gesprek met die Minister van Veiligheid en Sekuriteit moet aanvra.
  • Ons gemeentes op plaaslike vlak moet vra om te besin oor strategië om die uitdagings van misdaad daar aan te spreek.
  • Almal moet oproep om ernstige voorbidding te doen vir ons land met die oog op vrede, geregtigheid en vooruitgang.

 

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Verslag ná feitesending: ‘Ons het mense ontmoet wat ondanks alles weier om vyande te wees’
31 October 2026
‘Mag God ons gebed hoor, vir ‘n vrye en regverdige verkiesing’
31 October 2026
Verklaring rakende Algemene Sinode se feitesending in Midde-Ooste
31 October 2026
Tussenin | Zander van der Westhuizen: Oor ’n deur na nêrens en die genade van nog-nie-klaar-nie
29 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Nartjie
1 November 2026
Waatlemoen
31 October 2026
Voorreg – Gebed
30 October 2026
Voorreg
30 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

KYK: ‘Ek wil sy storie vertel, al red dit net één lewe’ – Vrou praat oor haar man se selfdood
30 October 2026
76-jarige se reis na vergifnis: ‘My ma het my as 13-jarige by vriende afgelaai, en my nooit weer kom haal nie’
28 October 2026
‘Dit voel asof Jesus sy hand op my skouer sit’ – 13-jarige oor almal se gebede in sy stryd teen breinkanker
27 October 2026
Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 October 2026