Persverklaring oor geweld

DIE NG KERK DRING AAN OP AKSIE TEN OPSIGTE VAN DIE KULTUUR VAN GEWELD IN DIE SUID-AFRIKAANSE SAMELEWING

Die NG Kerk is diep bewus van die kompleksiteit van misdaad en geweld in Suid-Afrika. Internasionaal is dit aan die toeneem en Suid Afrika deel in hierdie tendens. In ons eie situasie vererger faktore soos armoede en werkloosheid die probleem. Begrip vir hierdie faktore beteken egter nie dat ons die omvang en intensiteit van misdaadvlakke wat ons tans sien nie, wil regverdig nie.

Ons sien en ervaar die impak daarvan op passasiers wat op treine beroof en afgegooi word; polisielede wat vermoor word; ‘n kind wat vlak voor haar skool uit haar ma se hande geruk en ontvoer word, ‘n plaasboer en sy vrou wie se voete in kookwater gedruk en voetsole afgesny word; vragmotors wat aan die brand gesteek word, mense wat die afgelope weke sinloos en wreed vermoor is soos die student wat ‘n pakkie by die poskantoor gaan afhaal, gesins- en huishoudelike geweld waar ‘n pa sy kinders ophang, grootskaalse geweld teen vroue en kinders. Die spiraal van geweld lyk onomkeerbaar.

Geweld druis direk in teen die menswaardigheid van mense, asook die regte van mense soos dit neerslag vind in ons Grondwet. Die wese van ons demokrasie word ernstig bedreig. Vir ons as Christene kom die ganse boodskap van die Evangelie in gedrang.

Die drastiese toename in geweld en misdaad die afgelope tyd vra vir dringende aksie van die kerk en samewerking met ander rolspelers rondom die saak. Terwyl ons waardering het vir wat gedoen word en begrip het vir die dilemmas waarmee die owerheid en wetstoepassers soms sit, hoor en sien ons nie ‘n sterk genoeg “nee” vir misdaad en geweld nie. Die houding van geen-toleransie teen enige vorm van misdaad, hoe groot of klein ookal is nie ferm genoeg nie.

Die kerk is bewus daarvan dat die owerheid nie op hul eie die hele probleem kan oplos nie. Die burgerlike samelewingsverbande, waarvan die kerk deel is, sal verantwoordelikheid vir eie gemeenskappe moet aanvaar.

As NG Kerk wil ons onsself verbind om saam met ander kerke en instansies te werk aan die vorming van ‘n samelewing met duidelike en sterk morele en gemeenskapswaardes. Daarom glo ons dat ons nou:

  • Introspektief onsself moet af vra tot watter mate ons onbedoeld deur ons kerklike praktyke, aanames en gewoontes die huidige kultuur van geweld in stand hou.
  • Moet vra of die kerk se teologie van menswaardigheid genoegsaam ontwikkeld is en gepraktiseer word om patriargie teen te staan.
  • Saam met ander kerke strategieë moet bespreek en planne vir optrede moet beraam.
  • Saam met die ander kerke praat oor wyses hoe ons as gelowiges slagoffers kan ondersteun.
  • Saam met die owerhede – nasionaal en plaaslik – oor die saakgesprek moet voer. Saam dringend ‘n gesprek met die Minister van Veiligheid en Sekuriteit moet aanvra.
  • Ons gemeentes op plaaslike vlak moet vra om te besin oor strategië om die uitdagings van misdaad daar aan te spreek.
  • Almal moet oproep om ernstige voorbidding te doen vir ons land met die oog op vrede, geregtigheid en vooruitgang.

 

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Elders gesien| Nadia Marais: ‘Hoe klink geloofstaal oor mediese bystanddood?’
9 October 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 09 Oktober 2026)
9 October 2026
NG Gemeente Paardekraal-Monument: Vastetermyn leraar (voltydse kontrak – drie jaar)
9 October 2026
Minister paai vrese rondom staatsbeheer van kerke tydens hoëvlak gesprek by Kasteel die Goeie Hoop
9 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Dokter
11 October 2026
Rebel
10 October 2026
Goeie Nuus – Gebed
9 October 2026
Goeie Nuus
9 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 October 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026