Persverklaring oor vreemdelingehaat

NG KERK SPREEK HOM UIT TEEN VREEMDELINGEHAAT

Die NG Kerk het die afgelope paar dae met hartseer kennis geneem van talle gevalle van hoe die kwesbaarste mense in ons samelewing; vroue, kinders en migrante uit buurlande, aan die uiterste vorm van geweld blootgestel is. Die vreemdelingehaat, plundering van eiendom en die moord op immigrante in Suid-Afrika, is slegs die mees onlangse illustrasies van dreigemente teen mense wat ‘n eenvoudige en universele menslike soeke na ‘n beter lewe vir hulself en hul gesinne het en dikwels gedryf word om gevaarlike risiko’s te neem as gevolg van desperaatheid, konflik en onderdrukking in hul in hul lande van herkoms.

Suid Afrika beleef self in ‘n tyd van sosiale en ekonomiese spanning. In sulke tye is daar altyd ‘n gevaar van ‘n “ons-hulle” polarisering en die blamering die ‘ander’ vir interne probleme. Geen omstandighede kan egter die vervolging en mishandeling van kwesbare mense, wat om verskillende redes uit hul eie lande verplaas is, regverdig nie.

Die Bybel bevat vele verhale van mense wat aan die beweeg is, vreemdelinge, immigrante of vlugtelinge. Jesus was ook ‘n vreemdeling, sonder ‘n huis, met nêrens om sy kop te lê nie. Hy vra dat sy dissipels vir vreemdelinge sal sorg. Die Skrif bevat duidelike leringe oor die verantwoordelikheid van gelowiges om gasvryheid aan vreemdelinge te betoon en om kwesbare mense, insluitend vreemdelinge, te beskerm. Die Bybel vra dat : “Wanneer daar ‘n vreemdeling by julle in julle land woon, mag julle hom nie onderdruk nie. Julle moet hom soos ‘n medeburger behandel en hom liefhê soos julleself. Julle was immers self ook vreemdelinge in Egipte. Ek is die Here julle God. (Levitikus 19: 33-34)

Die gewelddadige uitbarstings van vreemdelingehaat bedreig die sosiale struktuur van die Suid-Afrikaanse samelewing. Geweld en haat is ‘n vuur wat homself voed en die geweld teen vreemdelinge spoel reeds oor na burgers van Suid Afrika.

Xenofobie ondermyn ook die politieke en ekonomiese status van ons land en die relevansie en invloed van Suid-Afrika in die streek en die wêreld. Suid Afrika se toekomstige sosio-ekonomiese ontwikkeling hang af van ons vermoë om met ander Afrika-lande te skakel op ‘n manier wat eenheid en menswaardigheid bevorder.

Ons hoor reeds stemme wat van oor die kontinent opklink in veroordeling van wat aan die gebeur is. Ons hoor van kunstenaars wat weier om na ons land te reis of teen die Suid-Afrikaanse sokkerspan deel te neem. Die Wêreld Ekonomiese Forum vir 2019 het op 4 September in Kaapstad afgeskop met ‘n aantal leiers, waaronder Zambië, Malawi, DRK en Rwanda, wat aangekondig het dat hulle uit protes onttrek.

Die NG Kerk wil ‘n ernstige beroep doen op die Suid-Afrikaanse regering om leierskap te demonstreer, om die situasie onder beheer te bring en die nakoming van menseregte te bevorder en die standaarde en norme soos vervat in internasionale ooreenkomste vir menseregte te bevorder.

Die NG Kerk is in solidariteit met al die individue en hul gesinne wat geraak word, en doen ‘n beroep op hul beskerming, restitusie en die strafregtelike aanspreeklikheid van diegene wat verantwoordelik is vir die aanvalle op hulle. Die NG Kerk ​​is in solidariteit met ander Suid Afrikaanse kerke, en die oorgrote meerderheid van die mense van Suid-Afrika, wat hul verontwaardiging oor die gebeure in die openbaar uitgespreek het. Die NG Kerk ondersteun oproepe aan die regering om ‘die toenemende gety van rassisme, etnosentrisme en vreemdelingehaat in Suid-Afrika te konfronteer en vir Suid-Afrikaners om ‘ander’ te erken, om vreemdelinge te verwelkom, en om versoening te soek. Die NG Kerk doen ‘n ernstige beroep op die regering om behoorlike instromingsbeheer toe te pas en te voldoen aan internasionale standaarde vir grensbeheer.

 

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Elders gesien| Nadia Marais: ‘Hoe klink geloofstaal oor mediese bystanddood?’
9 October 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 09 Oktober 2026)
9 October 2026
NG Gemeente Paardekraal-Monument: Vastetermyn leraar (voltydse kontrak – drie jaar)
9 October 2026
Minister paai vrese rondom staatsbeheer van kerke tydens hoëvlak gesprek by Kasteel die Goeie Hoop
9 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Dokter
11 October 2026
Rebel
10 October 2026
Goeie Nuus – Gebed
9 October 2026
Goeie Nuus
9 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 October 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026