Verklaring van die NG Kerk Moderatuur

Beste kollegas

Graag bring ek twee sake onder julle aandag. Die moderatuur het op 6 Februarie ‘n verklaring beskikbaar gestel met betrekking tot die regsproses wat aan die gang is. Die tweede saak handel oor die verkiesing van nuwe besture vir skoolbeheerliggame. Dit is ‘n uiters belangrike saak wat aandag verdien gesien in die lig van voorgestelde wysigings op die die Skolewet wat die mandaat van beheerliggame radikaal wil beperk.

VERKLARING VAN DIE NG KERK MODERATUUR

Elf lidmate van die NG Kerk het gedurende 2017 ‘n regsproses begin om die 2016 Algemene Sinode se besluit oor selfdegeslagverhoudings nietig te verklaar. Die elf het met verloop van tyd eedsverklarings afgelê. Die NG Kerk het nou daarop gereageer deur opponerende eedsverklarings te beteken en te liasseer. Daar is nog een eedsverklaring, die van ds Thijs van der Merwe van Windhoek uitstaande, wat binnekort beteken en geliasseer sal word. Na datum daarvan het die applikante tien hofdae tyd om op die eedsverklarings repliek te lewer.

Die NG Kerk het reeds in Junie 2017 besluit om die aansoek te opponeer. Die kerk se regspan het toe so kennis gegee. In die media is onlangs verwys na ‘n vasgestelde hofdatum vir hierdie saak in April 2018. Dit is egter in ‘n hof waar onbestrede aansoeke aangehoor word en is dus nie in hierdie proses toepaslik nie.

Tydens die verloop van hierdie proses het beide partye aan die ander by geleentheid uitstel verleen met betrekking tot sperdatums.

Die applikante het reeds vroeër via hul prokureurs aangedui dat hulle graag die moontlikheid van ‘n arbitrasieproses sal wil benut om die saak te besleg. Die regspanne van die twee partye het ooreengekom om nadat alle eedsverklarings gewissel is, oor die gebruikmaking van die arbitrasieproses al dan nie te onderhandel. Hierdie gesprekke behoort binne die volgende drie weke voortgesit te word.

Die NG Kerk hoop dat die regsproses spoedige uitsluitsel oor die aansoek sal bied.

VERKIESING VAN SKOOLBEHEERLIGGAME

Eerskomende Sondag is Biddag vir Opvoeding en Onderwys. Dit is die ideale geleentheid om die belangrikheid van die beheerliggaamverkiesings wat in Maart vanjaar plaasvind nie, onder die aandag van ouers te bring.

Die Minister het reeds afgekondig dat die driejaarlikse verkiesings vanaf 1 – 31 Maart vanjaar moet plaasvind. Dit is ʼn saak waaroor voorbidding gedoen moet word gegewe die uitdagings wat onderwys op elke vlak landwyd ervaar. Lidmate moet aangemoedig word om nie net deel te neem aan die verkiesings nie maar hulle ook besikbaar te stel om in die beheerliggaam te dien.

Dit is ‘n baie belangrike en omvangryke verkiesing met sowat 300 000 mense wat in 23 719 skole verkies moet word. Dit is inderdaad ‘n wonderlike geleentheid om diensbaar te wees en ‘n verskil te maak. Vir die NG Kerk is die vennootskap tussen kerk, skool en ouers van onskatbare belang.

Groete en seënwense

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Kerk Ohrigstad: Vastetermyn-leraarspos (kontrakpos twee jaar)
7 April 2025
Brief | Praat voordat dit te laat word
7 April 2025
NG Gemeente Greytown (KZN): Deeltydse predikantepos
3 April 2025
Brief | Namibië – Moet ons juig of ween?
3 April 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Belegging
8 April 2025
Ek sien Ma bid
7 April 2025
Die genealogie van gebed
6 April 2025
In die sirkel van u sorg
5 April 2025

Lig Tydskrif Vennote

​ Van stalhulp tot joggie –‘God gee my die geleentheid om my droom uit te leef’
7 April 2025
LiG Getuig: Een glanstydskrif, 43 merkwaardige getuienisse
3 April 2025
Mamma-memoires: Een koppie koffie, een gebed
2 April 2025
‘Ons baba is God se teken van hoop vir ons’ – vrou se dankbaarheid ná haar pa en boetie se selfdood
2 April 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?