Verklaring van die NG Kerk Moderatuur

Beste kollegas

Graag bring ek twee sake onder julle aandag. Die moderatuur het op 6 Februarie ‘n verklaring beskikbaar gestel met betrekking tot die regsproses wat aan die gang is. Die tweede saak handel oor die verkiesing van nuwe besture vir skoolbeheerliggame. Dit is ‘n uiters belangrike saak wat aandag verdien gesien in die lig van voorgestelde wysigings op die die Skolewet wat die mandaat van beheerliggame radikaal wil beperk.

VERKLARING VAN DIE NG KERK MODERATUUR

Elf lidmate van die NG Kerk het gedurende 2017 ‘n regsproses begin om die 2016 Algemene Sinode se besluit oor selfdegeslagverhoudings nietig te verklaar. Die elf het met verloop van tyd eedsverklarings afgelê. Die NG Kerk het nou daarop gereageer deur opponerende eedsverklarings te beteken en te liasseer. Daar is nog een eedsverklaring, die van ds Thijs van der Merwe van Windhoek uitstaande, wat binnekort beteken en geliasseer sal word. Na datum daarvan het die applikante tien hofdae tyd om op die eedsverklarings repliek te lewer.

Die NG Kerk het reeds in Junie 2017 besluit om die aansoek te opponeer. Die kerk se regspan het toe so kennis gegee. In die media is onlangs verwys na ‘n vasgestelde hofdatum vir hierdie saak in April 2018. Dit is egter in ‘n hof waar onbestrede aansoeke aangehoor word en is dus nie in hierdie proses toepaslik nie.

Tydens die verloop van hierdie proses het beide partye aan die ander by geleentheid uitstel verleen met betrekking tot sperdatums.

Die applikante het reeds vroeër via hul prokureurs aangedui dat hulle graag die moontlikheid van ‘n arbitrasieproses sal wil benut om die saak te besleg. Die regspanne van die twee partye het ooreengekom om nadat alle eedsverklarings gewissel is, oor die gebruikmaking van die arbitrasieproses al dan nie te onderhandel. Hierdie gesprekke behoort binne die volgende drie weke voortgesit te word.

Die NG Kerk hoop dat die regsproses spoedige uitsluitsel oor die aansoek sal bied.

VERKIESING VAN SKOOLBEHEERLIGGAME

Eerskomende Sondag is Biddag vir Opvoeding en Onderwys. Dit is die ideale geleentheid om die belangrikheid van die beheerliggaamverkiesings wat in Maart vanjaar plaasvind nie, onder die aandag van ouers te bring.

Die Minister het reeds afgekondig dat die driejaarlikse verkiesings vanaf 1 – 31 Maart vanjaar moet plaasvind. Dit is ʼn saak waaroor voorbidding gedoen moet word gegewe die uitdagings wat onderwys op elke vlak landwyd ervaar. Lidmate moet aangemoedig word om nie net deel te neem aan die verkiesings nie maar hulle ook besikbaar te stel om in die beheerliggaam te dien.

Dit is ‘n baie belangrike en omvangryke verkiesing met sowat 300 000 mense wat in 23 719 skole verkies moet word. Dit is inderdaad ‘n wonderlike geleentheid om diensbaar te wees en ‘n verskil te maak. Vir die NG Kerk is die vennootskap tussen kerk, skool en ouers van onskatbare belang.

Groete en seënwense

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Podsending: Hoekom luister so belangrike deel van sosiale innovasie is … – Frederick Marais gesels met Joe Janse van Rensburg
13 July 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 10 Julie 2026)
10 July 2026
Uitreik na immigrante in nood | Huis Piek se inwoners wys liefde met grondboontjiebotter en konfyt
8 July 2026
’n Brief vir die vroue van ons kerk
7 July 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Uil – Gebed
13 July 2026
Uil
13 July 2026
Skuiling
12 July 2026
Igloe
11 July 2026

Lig Tydskrif Vennote

Liewe Jesus se pleister en die Groot Geneesheer
10 July 2026
Laaste dae van genade vir Hermanus-vrou: ‘Dankie, Here’
8 July 2026
Van ’n intensiewesorgeenheid na die Comrades – vrou vertel van haar wonderbaarlike herstel ná ’n motorongeluk
8 July 2026
Ná 32ste aansoek om keuring ’n dokter: ‘God het my geleer hoe om staande te bly in die wind’
7 July 2026