Wat moet die kerk nou doen

Wat moet die kerk nou doen

Die NG Kerk neem met groot kommer en hartseer kennis van gebeure wat hom die afgelope paar dae in veral Kwa-Zulu Natal en Gauteng afspeel. Wyd verspreide insidente van chaos, plundering, geweld en gevolglik ook stygende lewensverlies is uiters onrusbarend. Die intensiteit van ongekende argelose dade van wetteloosheid het nie enigsins afgeneem, ondanks oproepe van die president, gemeenskapsleiers en die ontplooiing van die veiligheidsmagte, nie.

Groot skade is aangerig aan infrastruktuur, logistiek, talle inkopiesentrums en privaat eiendom. Afgesien van moontlike miljarde wat ’n reeds sukkelende ekonomie verloor het, word ander potensiële uitdagings ’n groter moontlikheid. Die eskalering van die huidige tragedie kan nog verdere verreikende negatiewe gevolge inhou vir die inwoners van ons dierbare land.

Alhoewel politiek, die vervolging van ’n vorige president, ’n rol gespeel het tot die aanvanklike uitbarsting van wettelose plundering is die onderliggende swak ekonomiese realiteite, van ’n groot deel van ons bevolking, ’n groot bydraende faktore. Die hoe werkloosheid, armoede en gaping tussen ryk en arm is alles faktore wat grootliks bydraend was om ’n voorspelbare plofbare situasie te skep. Indien opgehoopte frustrasies gekombineer word met kriminaliteit en opportunistiese misdadigheid is die slegte gevolge daarvan dit wat ons tans op ons TV-skerms sien afspeel.

As kerk is ons diep geraak deur die wyd verspreide insidente van chaos, plundering, geweld en gevolglik ook stygende lewensverlies. Ons deel die emosies wat daarmee gepaard gaan: die ontsteltenis, die vrees, die woede, die hartseer. Ons sien wat ander sien, naamlik dat die intensiteit van ongekende argelose dade van wetteloosheid nie enigsins afgeneem het na die president se oproep en vermaning tot vervolging nie; trouens, dit neem toe. Dit is vir baie van ons lidmate en ander onskuldige landsburgers lewensbedreigend.

Die vraag is wat moet die NG Kerk nou doen? Die kerk se diepste identiteit lê daarin dat ons vredemakers is. Dit moet ons denke en dade rig in hierdie uiters beproewende konteks.

Die dagbestuur van die ASM het geoordeel dat ’n oproep tot gebed die eerste gepaste kort termyn reaksie kan wees op die huidige situasie. Versoeke in die verband is reeds gekry. Talle gemeentes en sinodes en ekumeniese vennote is reeds besig met programme rondom gebed. Die Vrystaat het byvoorbeeld vir ’n geruime tyd al ’n proses wat gemeentes vra om 12:00 daagliks hul kerkklokke te lui waartydens lidmate opgeroep word om voorbidding te doen vir sake rondom COVID-19 en nou die betogings. Dit sou ’n sterk getuienis uitdra indien ons in die breë verband hierdie pogings kan koördineer.

Belangrike sake vir gebed kan die volgende wees:

  •   Beskerming van ons veiligheidsmagte.
  •   Persone en instansies wat groot verliese gely het in hierdie tyd.
  •   Herstel van die morele vesel van die inwoners van ons land.
  •   Frontlinie werkers teen COVID-19, mense wat siek is en hulle wat dierbares verloor het.
  •   Politieke- en gemeenskapsleiers wat in die binnekringe as gelowiges geweldige uitdagings met baie wysheid moet hanteer.
  •   Bid veral ook vir jou gemeenteleraar en bedieningsleiers. Hulle is die mense wat die geloofsgemeenskap bly aanmoedig en ondersteun, maar het self ook voorbidding nodig.

Laastens word lidmate opgeroep:

  • Tot kalmte in ’n moeilike tyd en self ’n instrument te wees om gemoedere te kalmeer.
  • Om versigtig te wees om mee te doen aan gesprekke wat verdere verdeeldheid en haat aanwakker. Lidmate word ook versoek om hulle te weerhou van fopnuus en die verspreiding daarvan.
  • Om te doen wat ons as kerk nog altyd gedoen het: Laat ons liefhê en help waar ons kan. Raak deel van ekumeniese netwerke in plaaslike gemeenskappe om die vrede in ons land te herstel en ondersteuning te verleen waar daar nood is.

Saam in Sy diens

Gustav Claassen

Namens die dagbestuur van die ASM.

13 Julie 2021

https://ngkerk.org.za/wp-content/uploads/2021/07/verklaring-wat-moet-die-kerk-nou-doen.pdf

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Elders gesien| Nadia Marais: ‘Hoe klink geloofstaal oor mediese bystanddood?’
9 October 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 09 Oktober 2026)
9 October 2026
NG Gemeente Paardekraal-Monument: Vastetermyn leraar (voltydse kontrak – drie jaar)
9 October 2026
Minister paai vrese rondom staatsbeheer van kerke tydens hoëvlak gesprek by Kasteel die Goeie Hoop
9 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Dokter
11 October 2026
Rebel
10 October 2026
Goeie Nuus – Gebed
9 October 2026
Goeie Nuus
9 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 October 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026