Skrywe van die Algemene Sekretaris – Junie

Beste kollega,

Ontvang my tweede skrywe aan jou. Ek deel met jou vanuit die kantoor van die Algemene Sinode momente wat op kerklike terrein aan die gebeur is. In hierdie skrywe inligting oor die volgende onderwerpe: Teologiese Opleiding, Huweliksbevestigers, Jeugsake, Reformasie 500, Versoeningsgeleentheid 11 Junie, Droogtehulp.

TEOLOGIESE OPLEIDING

Teologiese Opleiding in die NG Kerk is in ‘n dinamiese fase van ontwikkeling. Aandag word gegee aan die belyning van Teologies opleiding tov die verskillende komponente, Akademies, Praktykvorming asook VBO. Samewerking met die drie Fakulteite en Hugenote Kollege het verstewig en daar word gekyk na die opleiding vir ‘n verskeidenheid van bedieninge. Naas die voltydse opleiding van leraars word opleiding ontwikkel vir deeltydse studie met die oog op predikantsbediening. So ook vir persone wat geroepe is tot gefokusde missionale bedieninge, bv Jeug- en familiebediening; Gemeenskapsbediening; Pastoraat; Evangelisasie en Kerkplanting. Opleiding van ouderlinge met preekbevoegdheid word met behulp van die Kuratoria gestandardiseer.

HUWELIKSBEVESTIGERS

ʼn Besoek aan die DG van Binnelandse Sake is gebring om probleme rondom die registrasie van huwelike aan te spreek. Die volgende sake is aangespreek: Registrasies van nuwe huweliksbevestigers, die ingee van dokumentasie by die verskillende kantore, die oorplasing van die lêers van huweliksbevestigers en beter toeganklikheid tot die Departement se webwerf. Die gesprek sal opgevolg word met ‘n skrywe aan die betrokke minister. Vir meer inligting kliek die volgende skakel. http://ngkerk.org.za/wp/wp-content/uploads/2013/05/Huweliksbevestigers-2016-Dept-Binnel-sake.doc

NETWERK: JEUGINISIATIEWE

‘n Gesamentlike werkswinkel, waar die Taakspanne vir Kategese, Familiebediening, Belydenisaflegging en Jeuginisiatiewe teenwoordig was, het konstruktiewe uitkomste opgelewer. ‘n Silo-benadering het veroorsaak dat daar in die verlede min sinergie was tussen die verskillende jeugbedieninge in die kerk. Koördinering met mekaar en ander taakspanne soos bv die Taakspan vir Erediens, Taakspan vir Missionale Transformasie en Teologiese opleiding sal leemtes beter aanspreek. ‘n Sambreeltaakspan, Geloofsvorming: Jeug is in die lewe geroep om die jeugbedieninge te koördineer.

REFORMASIE 500

Heelwat word beplan vir die Reformasie 500 herdenking in 2017. Luther en die Reformasie in die algemeen is die fokus van die gedenkjaar. Die Taakspan Refo 500 se bydra bestaan uit ‘n hele aantal items. Drie groot gesamentlike eredienste word in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad beplan. Pinkstertemas vir 2017, ‘n 40-dae program, NOUS-produkte met liturgie en gebede, VBO geleenthede word onder meer beplan. Predikante wat iets van die feesvieringe in gemeentes wil maak, sal heelwat produkte tot hulle beskikking hê.

VERSOENING 11 JUNIE

Die NG Kerk was saam met die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke betrokke by die reël van ‘n versoeningsgeleentheid op 11 Junie in die Orlando -tadion. Die geleentheid is deur tussen 2000-3000 mense bygewoon. ‘Die dag is gekenmerk deur aangrypende bydrae, waaronder vertellings, sang en gebede van verskillende groepe. Alhoewel die byeenkoms swak bygewoon is was dit ‘n goeie begin vir ‘n versoeningsproses wat die land broodnodig het. Een van die groot winspunte van die organisering van die versoeningsproses is die verhoudings wat tussen die leierskap van verskillende kerkgroeperings gevestig is.

DROOGTEHULP

Die NG Kerk se Droogtehulpprojek het op hede ‘n totaal van R3 598 294 ingesamel. Meer as 200 individuele bydraes, van 132 NG gemeentes en 4 Sinodes is ontvang. Die strategie was van die begin af om slegs fondse aan NG gemeentes beskikbaar te maak om hulle in staat te stel om hulp te verleen in die gemeenskap. Tot op hede is reeds R1 793 032.59 oorbetaal aan 20 gemeentes in droogtegeteisterde gebiede. R500 000 is oorbetaal aan Agri SA in die Wes Transvaal. Fondse is aangewend op verskillende wyses, soos vir die sink van boorgate, watertenks en pompe by skole, ouetehuise en kerke, veevoer en die vervoer daarvan. Meer inligting is beskikbaar by www.ngdroogtehulp.co.za  en op die NG Droogtehulp Facebook-blad.

Bogenoemde punte is in kort wat die afgelope tyd op die kerklike toneel gebeur het. Indien daar navrae of opmerkings is, skakel gerus. Nelis van Rensburg en ek is op pad na die WRK se vergadering in Noorweë waar die die NG Kerk as volle lid terugverwelkom word. Meer oor die historiese gebeurtenis in ‘n volgende skrywe.

Groete, sterkte en seën vir jou bediening!

Saam in Sy diens

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Sinode in die Vrystaat: ‘Ons eenheid is broos, ja. Maar daar is ’n diepe hunkering na vrede, en na mekaar’ – Lubbe
5 June 2026
Só gaan dit weke ná groot stormskade | Boere is getraumatiseer, vra voorbidding
5 June 2026
NG Ring van Hanover: Brugleraar (ses tot nege maande)
5 June 2026
Leraars beweeg (Amptelike nuus – 05 Junie 2026)
5 June 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Dans
7 June 2026
Loof
6 June 2026
Mond – Gebed
5 June 2026
Mond
5 June 2026

Lig Tydskrif Vennote

‘Ek kon skielik nie sien, hoor of praat nie’ – vrou glo dat swaarkry haar vir ’n eie bediening gevorm het
5 June 2026
Louis en Hettie Brittz se grootste les: ‘Die huwelik gaan nie oor selfvervulling nie’
4 June 2026
LiG Getuig-podcast #3: ‘Ek wil die stilte rondom alkoholisme breek’
3 June 2026
Nina en Ma Lindie – ‘Dis genade wat ons stories mooi maak’
1 June 2026

Create a session

Session Title *
Description *
Max Seats *
Lokaal *
Kies Datum *
Tyd *
Cost
Session Featured Image *
Maximum file size: 100 MB
Facilitator Name *
About Facilitator
Facilitator Img
Maximum file size: 100 MB
Amount
Show your name in the donations list
Name