Skrywe van die Algemene Sekretaris – Junie

Beste kollega,

Ontvang my tweede skrywe aan jou. Ek deel met jou vanuit die kantoor van die Algemene Sinode momente wat op kerklike terrein aan die gebeur is. In hierdie skrywe inligting oor die volgende onderwerpe: Teologiese Opleiding, Huweliksbevestigers, Jeugsake, Reformasie 500, Versoeningsgeleentheid 11 Junie, Droogtehulp.

TEOLOGIESE OPLEIDING

Teologiese Opleiding in die NG Kerk is in ‘n dinamiese fase van ontwikkeling. Aandag word gegee aan die belyning van Teologies opleiding tov die verskillende komponente, Akademies, Praktykvorming asook VBO. Samewerking met die drie Fakulteite en Hugenote Kollege het verstewig en daar word gekyk na die opleiding vir ‘n verskeidenheid van bedieninge. Naas die voltydse opleiding van leraars word opleiding ontwikkel vir deeltydse studie met die oog op predikantsbediening. So ook vir persone wat geroepe is tot gefokusde missionale bedieninge, bv Jeug- en familiebediening; Gemeenskapsbediening; Pastoraat; Evangelisasie en Kerkplanting. Opleiding van ouderlinge met preekbevoegdheid word met behulp van die Kuratoria gestandardiseer.

HUWELIKSBEVESTIGERS

ʼn Besoek aan die DG van Binnelandse Sake is gebring om probleme rondom die registrasie van huwelike aan te spreek. Die volgende sake is aangespreek: Registrasies van nuwe huweliksbevestigers, die ingee van dokumentasie by die verskillende kantore, die oorplasing van die lêers van huweliksbevestigers en beter toeganklikheid tot die Departement se webwerf. Die gesprek sal opgevolg word met ‘n skrywe aan die betrokke minister. Vir meer inligting kliek die volgende skakel. http://ngkerk.org.za/wp/wp-content/uploads/2013/05/Huweliksbevestigers-2016-Dept-Binnel-sake.doc

NETWERK: JEUGINISIATIEWE

‘n Gesamentlike werkswinkel, waar die Taakspanne vir Kategese, Familiebediening, Belydenisaflegging en Jeuginisiatiewe teenwoordig was, het konstruktiewe uitkomste opgelewer. ‘n Silo-benadering het veroorsaak dat daar in die verlede min sinergie was tussen die verskillende jeugbedieninge in die kerk. Koördinering met mekaar en ander taakspanne soos bv die Taakspan vir Erediens, Taakspan vir Missionale Transformasie en Teologiese opleiding sal leemtes beter aanspreek. ‘n Sambreeltaakspan, Geloofsvorming: Jeug is in die lewe geroep om die jeugbedieninge te koördineer.

REFORMASIE 500

Heelwat word beplan vir die Reformasie 500 herdenking in 2017. Luther en die Reformasie in die algemeen is die fokus van die gedenkjaar. Die Taakspan Refo 500 se bydra bestaan uit ‘n hele aantal items. Drie groot gesamentlike eredienste word in Pretoria, Bloemfontein en Kaapstad beplan. Pinkstertemas vir 2017, ‘n 40-dae program, NOUS-produkte met liturgie en gebede, VBO geleenthede word onder meer beplan. Predikante wat iets van die feesvieringe in gemeentes wil maak, sal heelwat produkte tot hulle beskikking hê.

VERSOENING 11 JUNIE

Die NG Kerk was saam met die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke betrokke by die reël van ‘n versoeningsgeleentheid op 11 Junie in die Orlando -tadion. Die geleentheid is deur tussen 2000-3000 mense bygewoon. ‘Die dag is gekenmerk deur aangrypende bydrae, waaronder vertellings, sang en gebede van verskillende groepe. Alhoewel die byeenkoms swak bygewoon is was dit ‘n goeie begin vir ‘n versoeningsproses wat die land broodnodig het. Een van die groot winspunte van die organisering van die versoeningsproses is die verhoudings wat tussen die leierskap van verskillende kerkgroeperings gevestig is.

DROOGTEHULP

Die NG Kerk se Droogtehulpprojek het op hede ‘n totaal van R3 598 294 ingesamel. Meer as 200 individuele bydraes, van 132 NG gemeentes en 4 Sinodes is ontvang. Die strategie was van die begin af om slegs fondse aan NG gemeentes beskikbaar te maak om hulle in staat te stel om hulp te verleen in die gemeenskap. Tot op hede is reeds R1 793 032.59 oorbetaal aan 20 gemeentes in droogtegeteisterde gebiede. R500 000 is oorbetaal aan Agri SA in die Wes Transvaal. Fondse is aangewend op verskillende wyses, soos vir die sink van boorgate, watertenks en pompe by skole, ouetehuise en kerke, veevoer en die vervoer daarvan. Meer inligting is beskikbaar by www.ngdroogtehulp.co.za  en op die NG Droogtehulp Facebook-blad.

Bogenoemde punte is in kort wat die afgelope tyd op die kerklike toneel gebeur het. Indien daar navrae of opmerkings is, skakel gerus. Nelis van Rensburg en ek is op pad na die WRK se vergadering in Noorweë waar die die NG Kerk as volle lid terugverwelkom word. Meer oor die historiese gebeurtenis in ‘n volgende skrywe.

Groete, sterkte en seën vir jou bediening!

Saam in Sy diens

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Gemeente Naboomspruit: Medeleraarspos
14 February 2025
Johan van der Merwe: Afrikaans 100: Die kerk het ook ’n rol te speel
14 February 2025
Brief: Trump se skuiwe vanuit die VSA spel ook die einde van die ‘apartheidsbekering’ in SA
14 February 2025
NG Gemeente Bothaville-Noord: Voltydse leraar
14 February 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Ontsagwekkend!
15 February 2025
Roering plus appèl
14 February 2025
Roering
13 February 2025
My hartsverlange
12 February 2025

Lig Tydskrif Vennote

‘Die hemel was oop vir my kind’ – vrou vind vrede ná man en kind se dood, én ’n beroerte
14 February 2025
Is ek te besig of te belangrik om te rus?
13 February 2025
 ‘My teerpad word ’n lelike grondpad ná ’n kankerdiagnose’
11 February 2025
Ma van tweekampatleet met Downsindroom: ‘Sy deelname is ’n getuienis van hoe goed God vir ons is’
10 February 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?