Skrywe van die Algemene Sekretaris – Kerklike weg rondom selfdegeslagverbintenisse

skrywe-algemene-sekretaris-2Beste kollega,

‘n Aantal lidmate het via hul regsverteenwoordiger ‘n skrywe aan die Kerk oor selfdegeslagverbintenisse gerig. Dit maak ‘n aantal aannames en stel die kerk dan voor ‘n ultimatum. Hierdie aksie het dadelik in mediaberigte aandag gekry.

Die ultimatum eis dat die kerk onmiddellik aansoek doen by die Dept. Binnelandse Sake rondom die sluit van selfdegeslagverbintenisse. Bepaalde interpretasies in die brief bring die integriteit van die afgelope ASM vergadering en sy lede ingedrang en verdien aandag. Ek maak die volgende opmerkings:

  1. Die briefskrywer beskuldig die moderamen van vertragingstaktiek. Dit is ʼn besonder onbillike aanname. Normale kerklike prosedure, waarvolgens sake op ʼn kerklike wyse hanteer word, behels dat die moderatuur die konsepnotule van die moderamen by die volgende geskeduleerde moderatuursvergadering in behandeling neem. Die volgende geskeduleerde vergadering is op 7 November. Dit is uit en uit die prerogatief van die moderatuur, tensy die moderamen andersins besluit, om te bepaal watter besluite, wanneer, hoe en deur wie uitgevoer moet word. Soos ons weet is besluite van ʼn vergadering nie van krag voordat die notule daarvan goedgekeur is nie. Om ʼn besluit wat op 7 September deur die moderamen geneem is, op 12 September van vertragingstaktiek te beskuldig, is doodgewoon kwaadwillig. Dit afgesien van die feit dat die besluit om aansoek by die Dept Binnelandse Sake nie op die tafel was nie.
  2. Die briefskrywer maak die aanklag dat dit die diepste bedoeling van die moderamen is om die 2015 besluit van die Algemene Sinode om te keer. Die briefskrywer gaan van die ongekwalifiseerde standpunt uit dat die hele ASM met ʼn bose sameswering besig is. Dit sluit alle lede in ongeag hulle posisie ten opsigte van die 2015 besluite. In die geval maak die briefskrywer hom skuldig aan die belastering van die integriteit van die hele moderamen.
  3. Die briefskrywer eien homself erkenning toe dat die regsadvies, deur hom aangebied, gelei het tot die herstel van die 2015 besluite. Die besluit is egter geneem op grond van ʼn revisievoorstel, deur twee lede van die moderamen, waarvan al tydens die Maart 2016 ASM vergadering kennis gegee is. In die revisievoorstel se beredenering is daar hoogstens verwys na die briefskrywer se vorige brief en aanbevelings.
  4. Dit is hartseer dat daar gepoog word om hierdie geweldige sensitiewe saak op ʼn onkerklike wyse te besleg. Heelwat kollegas, ongeag hulle posisie ten opsigte van selfdegeslagverbintenisse, het hulle onvergenoegdheid oor die onkerklike hantering uitgespreek. Om die kerk met die hof te dreig en dit dan telkens so gou as moontlik met ʼn persberig op te volg, is onvanpas. Dit is in stryd met die kerklike weg soos verwoord in artikel 23.2:

“Lidmate, ampsdraers en predikante in diens van die kerkverband van die Nederduitse Gereformeerde Kerk mag hulle nie tot die burgerlike hof wend in hulle beswaar teen ʼn kerkvergadering se besluit(e) nie, voordat hulle nie eers die kerklike middele tot hulle beskikking aangewend en uitgeput het nie.”

Mag ons in hierdie uitdagende tyd die teenwoordigheid van die Hoof van die Kerk op ʼn besondere manier ervaar deur wysheid en die leiding van sy Gees. Laat ons ook die woorde van Darrell Guder ernstig neem: “Disagreeing Christianly is one of the most powerful forms of incarnational witness the church can practice.” (The Continuous Conversion of the Church)

Saam in Sy diens

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Gemeente Ellisras-Wes: Voltydse leraar
13 August 2026
NG Gemeente Waterbron: Leraar vastetermynpos (drie jaar)
13 August 2026
Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie Gemeente: Voltydse leraar (of diensleraar)
11 August 2026
Omgewing: Toe word ons gróót doelwit vir plastiekvry-leef ’n uitdagende avontuur
11 August 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Aanspoor
14 August 2026
Nadink – Gebed
13 August 2026
Nadink
13 August 2026
Son – Gebed
12 August 2026

Lig Tydskrif Vennote

‘Ek het die Voorsiener gesien’ – man getuig hoe God sy sterwende broer se vrese besweer
12 August 2026
Vyf vroue vertel van hul grootste seer: ‘Genesing begin wanneer jy oor jou pyn praat’
7 August 2026
‘My identiteit lê nie meer in ’n diagnose nie’ – Binnelanders-aktrise maak haar hart oop oor haar pad met depressie
5 August 2026
‘Noah kon nog geleef het …’ – ma maak hart oop ná vroedvrou se wandade
3 August 2026