Konsepwetgewing en Onderwys

Beste kollega,

Ek glo dat jy die afgelope feestyd verantwoordelik was en genoeg rus gekry het vir 2017. Mag dit vir ons almal ‘n wonderlike geseënde en voorspoedige jaar wees.

Hierdie skrywe gee inligting oor twee sake naamlik die NG kerk se kommentaar op konsepwetgewing asook die onderwys.

Konsepwetgewing getiteld Combating of Hate Crimes & Hate Speech Bill.

Soos beloof, in my laaste skrywe, gee ek inligting deur vir moontlike kommentaar op die voorgenome wetgewing. Die teikendatum vir reaksie is 31 Januarie 2017. Indien jou gemeente wil reageer heg ek dokumente aan wat as agtergrond kan dien. Dr Marelize Marais van UOVS het ‘n uitstekende dokument voorberei wat aangestuur sal word as die NG Kerk se amptelike kommentaar op dié konsepwetgewing.  Klik hier om dokument af te laai. Aangeheg is ook ‘n dokument wat deur die TKR, bestaande uit die NGK, NHKA en GEKA, aangestuur sal word. Klik hier om dokument af te laai. Die adres waarna kommentaar gestuur kan word is: The Deputy Minister of Justice John Jeffery, by die volgende eposadres: NiMaweni@justice.gov.za stuur dit ook aan hatecrimes@justice.gov.za Dit wil voorkom asof die volgende punte belangrik is en kan in kommentaar aangespreek word:

  • Die tydlyn is onregverdig en onbillik
  • Vae formulering van sleutelkonsepte
  • Die konsepwetgewing is oorbodig en word reeds grondwetlik en in ander wetgewing aangespreek
  • Vryheid van spraak kom ingedrang en sal oortreders kriminaliseer
  • Vryheid van godsdiens kom ingedrang en sal kerke se profetiese rol inperk.

Klik hier om 'n gebed vir opvoeders as te laai.Onderwys

Die Biddag vir onderwys val vanjaar op 12 Februarie. Skole het die ondersteuning van gemeentes broodnodig. Die NG Kerk het ‘n kosbare geskiedenis van betrokkenheid by die onderwys. Gemeentes word gevra om tydens eredienste op 12 Februarie aandag te gee aan die belangrike saak. Sake waarvoor voorbidding gedoen kan word is:

  • Die minister van Onderwys en plaaslike onderwys-strukture
  • Dankbaarheid vir uitstekende skoolhoofde, onderwysers, dosente, ouers en leerders
  • Plaaslike skole, skoolhoofde, beheerliggame, onderwysers en leerders
  • Die rol wat organisasies soos die SAOU en FEDSAS speel om gehalte onderwys te verseker
  • Kalmte en veilige omstandighede op Universiteite en Technikons vir student om te studeer
  • Die saak waarin ses skole oor hul godsdiensbeleid deur die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) voor die hof gedaag word, wat van 15 tot 17 Mei in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor word. Die Federasie vir Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) verteenwoordig die ses skole in die saak. Die NG Kerk is as vriend van die hof by die saak betrokke.

Klik hier om ‘n gebed vir opvoeders af te laai. Klik hier vir die Engelse gebed.

In ‘n volgende skrywe meer oor die NG Kerk se kommentaar op die CLR se verslag oor die kommersialisering van godsdiens. Die teikendatum vir kommentaar is die einde Februarie.

Groete en seën

Gustav Claassen

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 23 Januarie 2026)
23 January 2026
Elders gesien : Oos-Kaapse rampfonds vra ook hulp om brandslagoffers te help
23 January 2026
NG Kerk George-Bergsig: Emeritusleraar (Pastorale hulp)
23 January 2026
Badisa se Januarie-tema: ‘herstel begin met genade’
22 January 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Leer
24 January 2026
Nuut – Gebed
23 January 2026
Nuut
23 January 2026
Afhanklik – Gebed
22 January 2026

Lig Tydskrif Vennote

Jong vrou wil hoop bring ná gru-ongeluk: ‘Ek is oukei. Jesus is by my’
23 January 2026
Lesse uit die vuur: ‘Ek kom niks kort nie’
22 January 2026
As Oprah Ozempic gebruik, kan ek seker ook. Of hoe?
21 January 2026
‘Miskien sal ek hulle eendag kan vergewe. Maar nie nou al nie …’
19 January 2026