Hofuitspraak: Standpunt ten opsigte van selfdegeslagverhoudings

Julle is bewus van die die hofuitspraak wat gister op 8 Maart gelewer is rondom die NG Kerk se standpunt ten opsigte van selfdegeslagverhoudings. Die moderatuur het in die verband die volgende verklaring gemaak:

Die Moderatuur het kennis geneem van die uitspraak van die hof en respekteer dit. Die kerk sal uiteraard deur die loop van die komende dae die uitspraak saam met ons regspan bestudeer en dan besluit of daar redes is waarom ons aansoek sal doen om te appelleer. Ons het 15 hofdae om hierdie proses te voltooi.

Klik hier vir die uitspraak wat ook beskikbaar is op die kerk se webblad by www.ngkerk.org.za asook die van Kerkbode http://kerkbode.christians.co.za/2019/03/08/kerksaak-lees-volledige-uitspraak-hier/

Ons wil graag al ons lidmate en gemeentes versoek om saam met ons te bid vir duidelike leiding en helderheid oor die beste opsies vorentoe.

Die moderatuur onderneem om lidmate op hoogte te hou.

Vriendelike groete

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

 

 

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Doodsertifikaat: hoe om dit in Suid-Afrika te verkry
1 October 2025
Brief: Oor eerbiedwaardigheid vir die nagmaal
1 October 2025
Malan Nel (86) sê wat dit vir hom beteken om leerbaar te bly en Jaco Strydom sê KI skep die behoefte aan rou, eerstehandse ervarings
30 September 2025
Skrywer nooi jou om saam te dink oor sterflikheid
30 September 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Óór-analities
2 October 2025
Oordeelsvermoë – Gebed
1 October 2025
Oordeelsvermoë
1 October 2025
Onvergenoeg – Gebed
30 September 2025

Lig Tydskrif Vennote

Gebede wat verhoor word, maak ons bang
1 October 2025
Pastoor getuig: ‘Ek moes eers my gewese man, my gewelddadige pa en my molesteerder vergewe voordat ek kon blom’
30 September 2025
Van kwadrupleeg tot mondskilder en motiveringspreker: ‘God is my kompas’
26 September 2025
‘Jesus en Ockert het haar kom haal’
25 September 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?