WET OP BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING

Die Argivaris en Aktuarius het opdrag gekry om ’n handleiding saam te stel oor die hantering van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, die sogenaamde POPI-wet (bekend as POPIA).

Die handleiding is nou op die Algemene Sinode se webwerf beskikbaar. KLIK HIER om die handleiding af te laai.

Neem asseblief kennis van die volgende:

  1. Dit is die eerste uitgawe van die handleiding.  Gebruik dit asseblief as ’n werkdokument en lewer kommentaar of rig navra aan: Dr Andrew Kok (argief@kaapkerk.co.za) of Dr Dewyk Ungerer (dewyku@iafrica.com)
  2. Die handleiding is spesifiek vir gebruik deur gemeentes (kerkkantore) saamgestel.  In April 2021 sal daar ook ’n handleiding aan sinodale kantore beskikbaar gestel word.
  3. Die handleiding sal ook aan sinodale kantore gestuur word vir verspreiding in elke sinodale gebied.
  4. Neem kennis:  Die regulasies bepaal dat elke gemeente voor einde Maart 2021 ’n inligtingsbeampte by die Inligtingsreguleerder moet registreer.  Ons het kennis gekry dat hierdie proses eers uitgestel is.  Sodra ons ’n finale datum het, sal ons dit aan gemeentes kommunikeer.  Moet dus nie nou die gemeente se inligtingsbeampte probeer registreer nie.
  5. Alle dokumente is beskikbaar by https://www.kerkargief.co.za/inligtingswet/#popia

Vriendelike groete

Gustav Claassen
Algemene Sekretaris
Nederduitse Gereformeerde Kerk

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Doodsertifikaat: hoe om dit in Suid-Afrika te verkry
1 October 2025
Brief: Oor eerbiedwaardigheid vir die nagmaal
1 October 2025
Malan Nel (86) sê wat dit vir hom beteken om leerbaar te bly en Jaco Strydom sê KI skep die behoefte aan rou, eerstehandse ervarings
30 September 2025
Skrywer nooi jou om saam te dink oor sterflikheid
30 September 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Oordeelsvermoë – Gebed
1 October 2025
Oordeelsvermoë
1 October 2025
Onvergenoeg – Gebed
30 September 2025
Onvergenoeg
30 September 2025

Lig Tydskrif Vennote

Gebede wat verhoor word, maak ons bang
1 October 2025
Pastoor getuig: ‘Ek moes eers my gewese man, my gewelddadige pa en my molesteerder vergewe voordat ek kon blom’
30 September 2025
Van kwadrupleeg tot mondskilder en motiveringspreker: ‘God is my kompas’
26 September 2025
‘Jesus en Ockert het haar kom haal’
25 September 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?