Versoeningsveldtog

Die kerke van Suid-Afrika beplan ’n groot versoeningsveldtog saam met organisasies wat die leiers van die jeugopstande van 1976 en die diensplig-generasie verteenwoordig. Die tema, na aanleiding van Psalm 98, is: Sing ’n nuwe (Suid-Afrika) lied! Op 16 Junie word die Soweto-opstand van 1976 herdenk. Kerkleiers wil dié belangrike simboliese geleentheid gebruik word om ’n proses van versoening en heling te begin wat deurloop tot op Versoeningsdag op 16 Desember.

Die kerke neem eienaarskap van die proses om kaping deur politieke groepe te voorkom. Om hierdie rede word die geleentheid op Sondag die 11 Junie deur die kerke gehou. Die geleentheid sal plaasvind by die groot stadion in Soweto. Verskeie belangrike persone uit die vermaaklikheidswêreld en sport word genooi. Daar word verskeie aktiwiteite beplan. Die volledige memorandum van vier bladsye wat na Afrikaanse kerke gestuur is, verskyn op die NG Kerk se webwerf by www.ngkerk.org.za.

Op die aangehegde videoclips vertel kol Jan Malan en dr Kobus Gerber meer oor hierdie belangrike geleentheid.

Klik hier vir die video van dr Kobus Gerber

Klik hier vir die video van kol Jan Malan

Groete

Dr Gustav Claassen
Algemene Sekretaris / General Secretary

Plasinggalery
Pos Dokumente
Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 11 Julie 2025)
11 July 2025
Brief: Witheid (whiteness) in die NG Kerk?
11 July 2025
Brief: Ons moet ons van ons bekering bekeer
11 July 2025
Brief: ‘Eksklusiewe gebruik van enige taal – Afrikaans, Engels of Xhosa – kan uitsluiting veroorsaak’
11 July 2025

Boodskap Vir Vandag Vennote

Potskerf en poësie
11 July 2025
Jobstroosters
10 July 2025
Help my!
9 July 2025
Weer en weer
8 July 2025

Lig Tydskrif Vennote

My noue ontkoming in see: ‘God het ’n engel gestuur om my te red’
11 July 2025
Alkoholisme – ’n gesinsverwoester
11 July 2025
Die betowering wat in die donker te vind is
10 July 2025
‘Kies om God te aanbid – ten spyte van moeilike omstandighede’
9 July 2025
Open chat
Hello 👋
Kan ons jou help?