Versoeningsveldtog

Die kerke van Suid-Afrika beplan ’n groot versoeningsveldtog saam met organisasies wat die leiers van die jeugopstande van 1976 en die diensplig-generasie verteenwoordig. Die tema, na aanleiding van Psalm 98, is: Sing ’n nuwe (Suid-Afrika) lied! Op 16 Junie word die Soweto-opstand van 1976 herdenk. Kerkleiers wil dié belangrike simboliese geleentheid gebruik word om ’n proses van versoening en heling te begin wat deurloop tot op Versoeningsdag op 16 Desember.

Die kerke neem eienaarskap van die proses om kaping deur politieke groepe te voorkom. Om hierdie rede word die geleentheid op Sondag die 11 Junie deur die kerke gehou. Die geleentheid sal plaasvind by die groot stadion in Soweto. Verskeie belangrike persone uit die vermaaklikheidswêreld en sport word genooi. Daar word verskeie aktiwiteite beplan. Die volledige memorandum van vier bladsye wat na Afrikaanse kerke gestuur is, verskyn op die NG Kerk se webwerf by www.ngkerk.org.za.

Op die aangehegde videoclips vertel kol Jan Malan en dr Kobus Gerber meer oor hierdie belangrike geleentheid.

Klik hier vir die video van dr Kobus Gerber

Klik hier vir die video van kol Jan Malan

Groete

Dr Gustav Claassen
Algemene Sekretaris / General Secretary

Plasinggalery
Pos Dokumente

Video oor

DEEL DIT

Kerkbode Vennote

NG Kerk Vrystaat: Voltydse senior leierskappos (PSD)
13 October 2026
NG Kerk in Noord-Kaapland hou sinodesitting | Dag 1: ‘My bede is dat God hier sigbaar sal word’
12 October 2026
Reeks oor roepingsverhale: ‘My lewenspad tot hier’
12 October 2026
Brief: Hartkreet van ’n Dopper-in-diaspora
12 October 2026

Boodskap Vir Vandag Vennote

Regter
14 October 2026
Kind – Gebed
13 October 2026
Kind
13 October 2026
Tug – Gebed
12 October 2026

Lig Tydskrif Vennote

“My seuns sukkel om ‘die nuwe weergawe van my’ te aanvaar” – vrou vertel van uitdagings ná breinoperasie
13 October 2026
Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 October 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 October 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 October 2026